Krieket nuus

Krieket nuus

O/14’S WEN EHLANZENI O/15 LIGA
Die o/14A krieketspan het Donderdag 22 September teen Bergvlam se o/15’s gespeel. Bergvlam het eerste gekolf en na 18 beurte is almal uit vir net 75 lopies. Die Nellies teken die wenlopies aan in die 12de beurt en wen met 6 paaltjies. Die o/14’s is die o/15 Ehlanzeni-liga wenners!

SUPERLIGA-FINAAL WENNERS!
Die o/15A-krieketspan het Saterdag 17 September teen die o/16’s van HTS Middelburg in die Superliga-finaal op tuisveld te staan gekom. HTS Middelburg het eerste gekolf, maar is met uitmuntende boulwerk tot 102 lopies beperk. Boulers wat uitgestaan het, was Vaughn van Zyl met 5 paaltjies vir 26 lopies in 9 boulbeurte en Safwaan Muller met 2 paaltjies vir 22 lopies in 9 beurte.

NHS het die wenlopies in die 13de beurt aangeteken. Waldimar Graham het 66 lopies nie uit nie en Rico Nel het 26 lopies nie uit nie aangeteken.

Hierdie o/15-span het geen wedstryde in die o/16 Superliga verloor nie en verdien om die Mpumalanga wenners te wees.

DERDES WEN T20-LIGA
Hoërskool Nelspruit se derde krieketspan het Donderdag 15 September teen Hoërskool Lydenburg se tweedes op Lydenburg in die finaal van die T20-liga gespeel.

Hoërskool Nelspruit maak 170 lopies vir 6 paaltjies in die twintig boulbeurte. Die beste kolwers was Enrico Wallace met 67 nie uit nie en Hetro Homann met 75 lopies van net 44 balle.

Lydenburg is almal uit vir 161 lopies. NHS se beste bouler was AJ van Rensburg met 6 paaltjies vir 22 lopies. Die Nellies wen met 9 lopies.

Tags:
, ,