Kringbyeenkoms sorg vir aangename verrassings!

Kringbyeenkoms sorg vir aangename verrassings!

NHS se atlete wat aspireer om vanjaar aan die provinsiale en nasionale byeenkomste deel te neem, het op Maandag 3 Februarie, die eerste tree van die seleksie-proses gegee. Nellies was die gasheer vir vanjaar se Mbombela-kring, waaraan Curro, Lowveld High en Bergvlam (onder andere) ook deelgeneem het.

Sterre soos Ashley Erasmus, Shanese de Clerck, Douw Kruger en Zander vd Merwe het soos verwag is, hul items met gemak gewen en goeie vertonings gelewer, maar daar is veral drie ander uitblinkers, wat met spogvertonings, die oog gevang het. Hulle het met beste pogings (pb’s) vorendag gekom en hulle kleims vir interhoër-medaljes duidelik afgesteek.

Sy beklee gewoonlik die tweede plek na Ashley in die gewigstoot en skyfwerp, maar hierdie keer het Anya Venter (m.15) waarlik geskitter, toe sy deur die grens van 1000 ABSA-punte gebars het. Haar afstand van 36,61m (skyfwerp) is ‘n blink 1009 punte werd – baie geluk! Verder het Werner Geldenhuys (s.17) vir ‘n opskudding gesorg, toe hy met ‘n reuse pb van 15,30m in gewigstoot, met die bekende Frederik Nel (15,09m) afgereken het. Omdat daar op nasionale vlak net in die ouderdomsgroepe vir 15-, 17- en 19-jariges voorsiening gemaak word, moes Hannes Botha (nog s.16) aan die item vir s.17 deelneem. Sy wengooi van 57,57m is nie alleen ‘n blinknuwe pb vir hom nie, maar maak hom ook ‘n kandidaat vir ‘n plek in vanjaar se provinsiale span, as hy so kan voortbou op sy puik afstande.

‘n Sonderlinge prestasie wat deur die spiesgooiers (m.17) behaal is, is dat nie minder nie as VIER Nellies die 500g-spies, in dieselfde item op die program, verder as 30m laat grondvat het. Baie geluk aan Amoné de Beer (35,32m), Jolanke van Zyl (32,71m), Shana Scott (31,11m) en Sylvia Barnard (30,64m). Een vir die geskiedenisboeke!

Die volgende Nellies het hul items gewen (ABSA-punte bo 800 weer aangetoon):
Seuns 15:
Kian Mouton: 800m – 2:12.03; ook 1500m – 4:52.37
Ruan Pretorius: hoogspring – 1,70m (864)
Ryno Meyer: gewigstoot – 12,00m
Karl Erichsen: skyfwerp – 40,30m; ook spiesgooi – 42,66m

Seuns 17:
Wikus van Biljon: 400m – 52.65
Martin Raath: 1500m – 4:57.87
Tjaart du Plessis: 3000m – 11:43.85
Werner Geldenhuys: gewigstoot – 15,30m (830)
Philip Vogel: skyfwerp – 40,22m
Hannes Botha: spiesgooi – 57,57m (802)

Seuns 19:
Douw Kruger: gewigstoot – 15,14m; ook skyfwerp – 48,66m
Zander vd Merwe: spiesgooi – 44,69m

Meisies 15:
Ashley Erasmus: gewigstoot – 14,84m (1192); ook skyfwerp – 41,10m (1200)
Shanese de Clerck: hoogspring – 1,45m (812); ook verspring – 4,78m
Jodi dos Santos: 800m – 2:38.00
Kristen Berry: 1500m – 5:21.78
Liané Fouché: spiesgooi – 26,51m

Meisies 17:
Jana Engelbrecht: 100m – 12.97
Zané Potgieter: 200m – 27.66
Nicci Viljoen: 400m – 61.97
Nineve Fish: 800m – 2:54.53
Zimri Leeuvinink: 1500m – 5:46.62
Berna Kok: 3000m – 12:04.47
Suné du Preez: hoogspring – 1,45m
Karien Goosen: verspring – 4,94m
Shana Scott: gewigstoot – 11,49m; ook skyfwerp – 32,42m
Amoné de Beer: spiesgooi – 35,32m

Meisies 19:
Lize van Biljon: 800m – 2:46.53; ook spiesgooi – 23,83m
Danika Meiring: gewigstoot – 9,42m; ook skyfwerp – 26,40m
Leonine Gildenhuys: 1500m – 5:38.62

Nog ‘n paar uitslae wat beslis genoem kan word, sluit in:
Nathan Duncan (s.15): 800m – 2:12.15 (*nog s.14)
Ruben Vorster (s.15): verspring – 5,61m
Hendrik Dreyer (s.17): spiesgooi – 47,44m
Xander Rutherford (s.19): skyfwerp – 38,23m
Danielle Groenewald (m.15): 100m – 13.41; ook 200m – 27.57
Anya Venter (m.15): gewigstoot – 11,46m (821)
Larise Combrink (m.17): verspring – 4,82m (*nog m.16)
La-Alizia Venter (m.17): gewigstoot – 11,06m (*nog m.16)

Sterkte vir die atlete wat deurdring na die Ehlanzeni-distriksbyeenkoms, wat op 1 Maart sal plaasvind. Daar word die span wat die distrik op Secunda, by die Mpumalanga-kampioenskappe sal verteenwoordig, aangewys.