29 Aug Kultuurweek skop af met “Val,gly…SKOTVRY!”
NHS het sy jaarlikse kultuurweek Maandag 26 Augustus met die ATKV Tienertoneelstuk in die skoolsaal afgeskop.
Vanjaar se inskrywing vir die ATKV Tienertoneel was Val, gly … SKOTVRY!
Dit is deur ons eie leerders, Anja van Rooyen en Nina van Eeden in samewerking met die regisseur, Frances van Niekerk, geskryf.
Dit handel kortliks oor die wel en weë van verskeie tieners wat weens ernstige oortredings in ‘n jeugaanhoudingsentrum, BOSSASA KIDS, bly. As gevolg van korrupsie is daar geen geld om die sentrum mee aan die gang te hou nie en word dit gesluit. Wat gaan van die kinders word?
Tydens die kompetisie op 31 Julie 2019 te Ermelo het die stuk verskeie nasionale bronstoekennings ontvang:
Die verhoogbestuur: Aniska Breedt, Kathrine Rademeyer, Carmen Venter
Choreografie: Zelmy Joubert
Kanaries as emsamble : Anrich Eloff, Kethan du Plessis, Egan Grobler
Beplanning vir 2020 is reeds aan die gang. Indien enige leerder by die skryf van volgende jaar se dramateks betrokke wil raak, skakel gerus met me. Retha Smit. Oudisies sal in Februarie 2020 plaasvind.