03 Sep Lente gevier met spekbome
Posted at 06:58h
in Algemeen
Huis Maré se graad 8’s het Woensdag 1 September ‘n groot skenking van spekbome van DNATel (telekommunikasie-diensverskaffer) ontvang. Hulle het fluks gehelp om hierdie eg Suid-Afrikaanse plant in die grond te kry. Bykans 200 spekbome is teen die keermuur geplant.
Die spekboom (Portulacaria afra) is ‘n besonderse plant met sy heldergroen, sirkelvormige blare. Dit is inheems, waterbesparend, kan uiterste klimaatstoestande uitstaan en het voedingswaarde soos vitamiene C, mangaan en magnesium. Spekbome is ook die boom wat die meeste koolstof vir die grootte van die blare absorbeer en omskep dit dan in suurstof.
Die dames kan nou hierdie spekbome vanuit hulle kamers sien groei!