Marciel deel haar hart met Laeveld-dames

Marciel deel haar hart met Laeveld-dames

Die damesoggend ten bate van die revue was ‘n ongelooflike spesiale geleentheid! Natascha C, plaaslike kunstenaar én oud-Nellie, het die dames vermaak terwyl die gasvrouens die lekkernye aangedra het. Hierdie fondsinsameling is aangebied in NHS se dogterskoshuis, Huis Maré, se pragtige eetsaal wat hierdie funksie vol finesse gekomplimenteer het.

Wat ‘n plesier om die beeldskone en vriendelike Marciel te ontmoet. Sy het haar persoonlike ervarings gedeel en haar spesiale boodskap was definitief ‘n motivering vir al die dames. “As jy glo jy kan dit doen – dan kan jy dit doen!” was net een van die positiewe motiverings. Sy het ook nog talle ander waardevolle wenke gedeel.

Na aanleiding van die vrolike gekwetter was dit duidelik dat die dames omtrent lekker saam met mekaar en Marciel gekuier het. Ons glo dat sy sommer weer binnekort die Laeveld sal besoek en weer soveel vreugde sal bring.

Baie dankie aan die volgende borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het:
Anlea Creations
OMA Handmade
Beauty Obsession
G’s Catering
Eventful Events
Natascha C
Bronpro
Pizza Perfect
Mopani Crossings
Be Gorgeous
Face to the Wind
Minuteman Press
Huis Maré (eetsaal)
Revue ouers