
23 Jan Matrieks 2022 – Baie geluk!
“Die Klas van 2022 het met toewyding en veerkragtigheid bo verwagting by die eise wat die Covid-19 pandemie en beurtkrag gestel het, aangepas. Baie geluk aan elke matrikulant met hierdie uitsonderlike prestasies!
Graag spreek ek my dank uit teenoor laerskool-en hoërskoolonderwysers wat positiewe insette in elke leerder se leeromgewing gelewer het.
Laastens, dankie aan die Departement van Onderwys wat deurgaans planne gemaak het, werkbare stelsels en ondersteuning aan die skool en die leerders gebied het.” – Mnr. Johan Hattingh
Opsomming van matriekuitslae:
- Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal.
- 93,9% (265) het universiteitstoelating verwerf en die ander 6,1% kwalifiseer vir diplomastudies.
- Die Nellies het saam 415 onderskeidings behaal – dus 1.5 per kandidaat en 546 B-simbole.
- Slegs drie vakke het nie ‘n 100% slaagsyfer nie wat opsigself ‘n uitsonderlike prestasie is.
Hoërskool Nelspruit se Dux-leerder, Jomarié du Toit en Paul Harley (BK Dux van 2021/2022) is onder die top-10 presteerders in Mpumalanga aangewys.
- 9 Onderskeidings: Nicolas Smook
- 8 Onderskeidings: Dian Heyl
- 8 Onderskeidings: Jomarié du Toit
- 8 Onderskeidings: Paul Harley
- 7 Onderskeidings: Carla Shultz
- 7 Onderskeidings: Lana Bezuidenhout
- 7 Onderskeidings: Liza Buys
- 7 Onderskeidings: Jandré de Necker
- 7 Onderskeidings: Michiel Eksteen
- 7 Onderskeidings: Katrien Hiemstra
- 7 Onderskeidings: Conrad Joubert
- 7 Onderskeidings: Lerissa Grobler
- 7 Onderskeidings: MJ Lourens
- 6 Onderskeidings: Mieke Louw
- 6 Onderskeidings: Ané Roos
- 6 Onderskeidings: Lani Swart
- 6 Onderskeidings: Wikus van Biljon
- 6 Onderskeidings: Wilmien van der Merwe
- 6 Onderskeidings: Joshua Devine
- 6 Onderskeidings: Larise Combrink
- 6 OnderskeidingsRobbie Crawford-Brunt
- 5 Onderskeidings: Chanelle Blom
- 5 Onderskeidings: Cloé van der Merwe
- 5 Onderskeidings: Laura van der Merwe
- 5 Onderskeidings: Anje Nel
- 5 Onderskeidings: Berna Kok
- 5 Onderskeidings: Suné du Preez
- 5 Onderskeidings: Timon Brundyn
- 5 Onderskeidings: Shané van Eck
- 5 Onderskeidings: Danje Obermeyer
- 4 Onderskeidings: Megan Bester
- 4 Onderskeidings: Magdaleen Terblanche