Matrieks skenk unieke 3d-trofee aan skool

Matrieks skenk unieke 3d-trofee aan skool

Milda van Dyk en Handré Homann (Dux’e 2019/2020) het Vrydag 16 Oktober tydens die matrikulante se afsluitingsdiens ‘n geskenk aan die skool gegee. Dit is ‘n unieke 3D-trofee met ‘n hardekoolbasis en in die middel pronk ‘n NHS-masker.

Die simboliek van die drie halwe sirkels:
Buitesirkel: Die Matriekseuns
Sekuriteit en standvastigheid as fondasie in enige familie.

Middelsirkel: Die Matriekdogters
Samehorigheid en trots van ‘n familie.

Binnesirkel: Die Bestuurskomitee
Volharding, geloof en deursettingsvermoë; om saam met ‘n span voor te kan loop.

Hardekoolhout-voetstuk en -masker
‘n Unieke jaar van vasbyt, deurdruk met toewyding en baie aanpassings.

Goue bewoording: Aanvaarding en trots
Al was dit ‘n jaar gevul met teleurstellings, met geen vooruitsig van ‘n normale matriekjaar nie, sal die groep van 2020 steeds met trots Nellies wees.

Die trofee is vervaardig deur:
Gerthard Louw (A-Lo Creations Laser & Design)

Foto’s, uitleg en ontwerp:
Hennie Homann (HH Photography and Design) in samewerking met hoofleiers Milda van Dyk en Handré Homann, Kodak Crossings en Mo’s Studio Sonpark.