Matrieks wil die jaar op ‘n hoë noot afsluit

Matrieks wil die jaar op ‘n hoë noot afsluit

Vir die Klas van 2020 het die laaste jaar van hulle hoërskoolloopbaan ‘n skielike ommekeer gemaak. Maar dié Nellies het met die intrapslag, na die inperking, skouer aan die wiel gesit en is saam met die matriekonderwysers doelgerig besig om vir die eindeksamen voor te berei. Die Dux’e Milda van Dyk en Handré Homann het ‘n groot taak op hande om die leerders te bemoedig. “Dit is belangrik om alles wat jy van nou af doen versigtig, deurdag en tot die beste van jou vermoë te doen. As daar een ding is wat ons kon aangeleer het in hiedie tyd, is dit selfdissipline en dit gaan baie handig te pas kom vir die res van die jaar. Weet dat jy ‘n kopskuif sal moet maak om kop neer te sit vir die laaste deel van die jaar. Weet dat van die beste oomblikke van hierdie jaar nog vir jou voorlê.” – Milda van Dyk