
04 Oct Mnr. en Mej. NHS-2020 aangewys
Na vele uitdagings en ‘n digitale grand finalé is die sjarmante JG Pansegrouw en die pragtige Lourese Kempen as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys. Dié glansgeleentheid het Donderdagaand, 1 Oktober, plaasgevind met meer as ‘n duisend toeskouers wat die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon het.
Die twintig Nellies het beslis nie teleurgestel nie en geskitter in hulle formele drag. As deel van die aand se program het Carmen Venter (gr.12) die treffer van Adel, Send my Love, gesing en Karla Brits (gr.8) het die harp bespeel. Daar was ook virtuele uitsendings van die sangers Appel, Bernice West en Jo Black.
Franco van Rooyen en Lané Taljaard (Mnr. en Mej. NHS-2019) het ook die geleentheid gekry om ‘n video te deel oor die uitreike wat hulle gedoen het. Die opvolgers sal ook tydens hulle jaar gemeenskapswerk doen.
Baie geluk aan elke deelnemer en in besonder aan die volgende wenners:
Mnr. en Mej. Fotogenies: George Venter en Karien Goosen
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Luca Fourie en Yannike Malan
1ste Prins en Prinses: Adrienne Combrink en Zané Potgieter
2de Prins en Prinses: Wynand Loubser en Amoné de Beer
NHS bedank ook graag al die borge en in besonder die organiseerders wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.
Indien jy die regstreekse uitsending gemis het, klik op hierdie skakel om dit te kyk: https://digitv.co.za/#/video/25237/31306/Vod