Mnr. en Mej. NHS… in Wonderland

Mnr. en Mej. NHS… in Wonderland

Hoërskool Nelspruit se kultuurweek het Maandagaand 19 Oktober op ‘n hoë noot met die jaarlikse Mnr. en Mej. NHS-kompetisie begin. Twintig deelnemers het om dié gesogte titel meegeding.

Die beoordelaars, me. Yolandi Diedericks, mnr. Marnus Kruger, mnr. Jacques Lombard, mnr. Neil van der Spuy en me. Megan Wauts, het die moeilike taak gehad om te besluit wie met die kroon en titel gaan wegstap.

Hierdie jaar se glansgeleentheid het afgespeel in Alice se Wonderland met deelnemers wat net soos karakters uit die verhaal aangetrek het. Hulle het baie moeite gedoen en die gehoor bekoor met hulle oulike en kreatiewe uitrustings.

Nadat die finaliste bekendgestel is, het hulle die geleentheid gekry om ‘n advertensie van ‘n borg uit te beeld en daarna het hulle die loopplank versier met spoggerige aanddrag.

Dit was nie net die deelnemers wat die gehoor se harte gesteel het nie, maar ook die gewilde Afrikaanse sangsensasie, Riaan Benadé.

Baie geluk aan die volgende wenners:
Mnr. en Mej. NHS: Lize Oosthuizen en Andeon Pringle
1ste Prins en Prinses: Paul Harley en Larise Combrink
2de Prins en Prinses: Dewald Vorster en Anke Oelofse
Mnr. en Mej. Fotogenies: Heino Meiring en Kay-Lee Hechter
Debutante van die jaar: Cloé van der Merwe en Lize Oosthuizen
Gewildste paartjie: Diaan Mouton en Joalize de Ruiter

Te danke aan DigiTV is hierdie spoggerige geleentheid regstreeks uitgesaai en is ook op die Nellie kanaal https://tv.digicentral.co.za/nellietv beskikbaar.

NHS bedank ook graag al die borge en organiseerders wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Foto’s: Mamarazzi Photography Nelspruit