Mooi netbal by AFFIES Prestige Toernooi

Mooi netbal by AFFIES Prestige Toernooi

NHS se A-netbalspanne het van 31 Maart tot 2 April aan die jaarlikse netbaltoernooi by AFFIES Meisies deelgeneem, waar hulle die geleentheid gehad het om teen sterk mededingers te speel. Daar was 18 deelnemende skole in die o/14- en o/18-afdelings en 16 deelnemende skole in die o/15-, o/16- en o/17-afdelings.

Baie geluk aan ons spanne met hul puik prestasies:
o/14 – 4de plek
o/15 – 3de plek
o/16 – 9de plek
o/17 – 5de plek
1ste span – 9de plek

Ons is veral trots op Ayanda Mlambo (o/17), wat as beste aanvallende speler van die toernooi aangewys is!