
21 Oct ‘n Roos om dankie te sê
Posted at 07:31h
in Algemeen
Ds Gerrit Vosloo, van die NG Kerk Nelspruit-Suid, het Vrydagoggend 15 Oktober Hoërskool Nelspruit se matrikulante en hulle ouers tydens ‘n afsluitingsfunksie vir hierdie jaargroep toegespreek.
Ds Vosloo het die amper skoolverlaters kom bemoedig voor die belangrikste skooleksamen en ook heelwat wyshede gedeel wat leerders na skool kan saamdra.
Elke matrikulant het die geleentheid gekry om ‘n roos aan hulle ouers te gee as blykie van waardering en dankbaarheid vir hulle liefde en ondersteuning.
Die laaste skooldag vir hierdie matrikulante het op ‘n gepaste wyse tot ‘n einde gekom. Ons wens hierdie leerders baie sterkte toe vir die eindeksamen!