Naelbytaksie tydens EG Jansen-wedstryde

Naelbytaksie tydens EG Jansen-wedstryde

NHS het Saterdag 12 Maart teen Hoërskool EG Jansen aan vriendskaplike wintersportwedstryde deelgeneem. Vrydagmiddag was daar groot opwinding onder die Nellie-personeel en -leerders toe 8 busse die lang pad Gauteng toe aangedurf het. Dit is die eerste wedstryde sedert die inperking wat nie tuis gespeel is nie. Die onderskeie spanne en sportsoorte het getrou Nellieguts tydens ál die wedstryde gewys.

Na afloop van die hokkie- en netbalwedstryde was dit tyd vir ‘n titaniese stryd vir die eerstespan rugbyspelers. Die Nellies het bankvas agter die Rhinos gestaan en hulle luidkeels in die naelbytwedstryd teen EG Jansen ondersteun.

Teen halftyd was die telling 19-14 in EG Jansen se guns. In die laaste minuut van die wedstryd het die Rhinos ‘n drie gedruk en die telling 33-33 gemaak. Dit was Danny van Staden wat met ‘n uitstekende skop die wenpunte op die telbord gesit het en die wedstryd vir die Nellies beklink het.

Spelers van die wedstryd: Danny van Staden en Francois Odendaal.

Mnr. Hennie Skorbinski (NHS-rugbydirekteur) sê dat die voorseisoen se oefeninge tot die sukses van die punteverskil op die telbord bygedra het.

“Hierdie vriendskaplike wedstryde het die spelers ‘n geleentheid gebied om weer saam te kan speel en om weer stelselmatig fiks te word en die nodige vaardighede onder die knie te kry vir die ligawedstryde wat na die skoolvakansie afskop.”

Sterkte aan al die spanne wat tydens die vakansie gaan toer. Hou die NHS-sosiale media vir al die opwindende sportnuus dop.

Uitslae:

Netbal
o/14A    8-13       VERLOOR
o/14B    16-17      VERLOOR
o/15A    21-13      WEN
o/15B    16-6        WEN
o/16A    19-11      WEN
o/16B    18-12     WEN
o/17A    13-18      VERLOOR
o/17B    1-31        VERLOOR
2DE        29-12    WEN
1STE      32-8       WEN

Rugby
o/14A    12-24     VERLOOR
o/14B    12-10     WEN
o/15A    19-22     VERLOOR
o/15B    29-0       WEN
o/16A    0-43       VERLOOR
o/16B    0-47       VERLOOR
3DE        33-0      WEN
2DE        5-26      VERLOOR
1STE      35-33     WEN

Dogtershokkie
o/14A    0-5        VERLOOR
0/14B    3-1         VERLOOR
o/15A    0-0        GELYK
o/15B    5-0         WEN
o/16A    2-1         WEN
o/16B    1-0         WEN
1STE      3-1         WEN
2DE        0-3        VERLOOR

Seunshokkie
o/14A    5-2         WEN
o/16 A   2-0         WEN
1STE      7-0         WEN