31 Jul Nellies gereed vir finaal van ATKV Redenaars en debatkompetisie
Drie redenaars en vyf debatteerders van Hoërskool Nelspruit neem op 2 en 3 Augustus aan die nasionale finaal van die ATKV Redenaars en debatkompetisie te Goudini deel.
Ernst Pieterse in graad 11 neem aan die onvoorbereide afdeling van die senior huistaal redenaars deel. Hy en sy spanmaat Danté van der Westhuizen gaan ook Hoërskool die Punt die stryd aansê en debatteer dat klimaatsveranderingspraktyke deur wetgewing gereguleer behoort te word.
Anthony Mabuza in graad 9 gaan die beoordelaars en gehoor in die voorbereide redenaars vir addisionele taal sprekers oortuig dat rugby baie deure vir ‘n man oopmaak. Anke Oelofse in graad 9 ding mee in die voorbereide redenaars vir huistaalsprekers. Die drie graad 8 leerders, Niandi Coetzee, Cornelis van Dyk en Ziné Maree, debatteer teen Grey College dat openbare vakansiedae in Suid Afrika afgestel behoort te word.