Nellies ontvang erkenning tydens Akademiese Prysuitdeling

Nellies ontvang erkenning tydens Akademiese Prysuitdeling

Hoërskool Nelspruit het Dinsdag 18 Oktober die tweede prysuitdeling van die jaar aangebied waartydens daar akademiese en dienslewerings-toekennings gemaak is.

Toekennings soos getroue skoolbesoek, vordering op akademiese vlak, hoogste gemiddelde persentasie asook leerders met ‘n sekere gemiddeld deur die jaar, is oorhandig. Beste vakprestasies en die top-10 van elke graad is ook aangewys.

Tydens hierdie geleentheid het die skool eer aan die oud-Nellie, Gerrit Muller wat in 1971 ‘n matriekleerder van NHS was, getoon. ‘n Erepenning is met trots aan hom toegeken vir sy vir sy uitmuntende prestasies as deel van die regslui in Suid-Afrika.

Die volgende spesiale toekennings is gemaak aan:

Meriete (dux) leerder –  Geborg deur Stabilis Ingelyf
Jomarie du Toit

Mees verdienstelike leerder – Geborg deur Kruger and Partners Inc
Wikus van Biljon

Die hoof se toekenning – Geborg deur Stabilis Ingelyf
Suné du Preez

Die volgende leerders het ook sporttoekenings ontvang:
Bergfietsryer van die jaar
Dogter: Megan Botha
Seun: Luan Landman

Gholfspeler van die jaar:
Jon Grobler en Armin Mostert

NHS bedank graag vir Stabilis wat hierdie geleentheid geborg het.