28 Sep Nellies reik uit na Herfsakker
Hoërskool Nelspruit se graad 9’s het met Lentedag fondse ingesamel deur leerlinge vir die voorreg om gewone klere aan te trek skool toe te laat betaal. Die jongelinge het dit goed gedink om die geld wat ingesamel is aan Herfsakker Ouetehuis te skenk. Mnr. Leroux Jordaan (graadorganiseerder van die graad 9’s) sê dat hulle graag wil hê dat Herfsakker die skenking moet aanwend vir iets wat hulle nodig het.
Die VLR-groep het saam met mnr. Jordaan op Maandag 26 September vir die bejaardes gaan kuier. Dié Nellies het sommer baie lekker gekuier met die inwoners van Herfsakker. Daar is ook saam gesing terwyl Emma Snyman die klavier gespeel het.
Hoërskool Nelspruit is baie dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en dit is dan ook hoekom dit net so belangrik is dat die leerders op hul beurt die gemeenskap dien.