Nellies-Toerisme verken Geotrail

Nellies-Toerisme verken Geotrail

Hoërskool Nelspruit se graad 12 Toerisme-leerders het Vrydag, 26 Maart een van die top toerisme aantreklikhede in die Laeveld besoek. As deel van die kurrikulum het juffrouens Alma Snyman en Hené Swanepoel dit goed gedink om die klaskamer na buite te neem. “As jy dit self sien, dan maak alles net meer sin,” sê Juffrou Hené.

Die Greenstone-band strek oor ongeveer 34km van die omliggende Makhonjwa-berge en beeld die geologiese geskiedenis van die omgewing uit. Langs die pad het die “toeriste” die geleentheid gehad om unieke rotsformasies, klippe en plantegroei van nader te bestudeer, asook om die asemrowende omgewing te besigtig. Andrea Botha, die toergids, het meer vertel van die geskiedenis van dié wêrelderfenisterrein.

Die leerders het na die besigtiging gaan aanklop by Jathira Gastehuis waar hul middagete geniet het en ook ‘n vinnige vasvraspeletjie gespeel het. Die gesamentlike wenners van dié kompetisie was Dawie van Heerden en Nicole Rowe. Die leerders het onder andere R1 000 kontant gewen.

Sien hier die ander pryswenners:
Gesamentlik tweede:  Nicci Viljoen en Shana Scott
Derde plek: Dewald Geldenhuys
Mees entoesiastiese toeriste: Annika Brand, Michael Fourie, Dylan Janse van Vuuren

Baie dankie aan die volgende borge wat hierdie uitstappie en pryse geborg het:
BUCO
Elision Creative Agency
Skor@Life Rugby Academy
KMIA
Westend Superspar
Sanibonani Drycleaners
Jathira Gastehuis
Kruger Lowveld Tourism