
16 Sep Netbaldogters wen Mpumalanga-kampioenskappe
Die o/14A- en o/15A-netbalspanne het Saterdag 11 September aan die Mpumalanga-kampioenskappe te Middelburg deelgeneem. Hierdie entoesiastiese netbalspelers het uitsonderlik gespeel.
Hier is die uitslae:
o/14 wedstryde:
NHS wen Ligbron 20-5
NHS wen Delmas 24-3
NHS wen MHS 24-5
NHS wen in die semifinaal teen HTS Middelburg 13-8
NHS wen in die finaal teen Secunda 11-9
o/15 wedstryde:
NHS wen HTS Middelburg 10-9
NHS wen Ermelo 16-9
NHS wen HGH 18-3
NHS wen Ligbron 11-5
NHS wen in die semifinaal teen MHS 17-4
NHS wen in die finaal teen HTS Middelburg 13-8
Hierdie twee spanne is hard aan die oefen ter voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat 24-26 September plaasvind. Ons wens hierdie spanne baie sterkte toe en weet sommer dat hulle die Nellie-vaandel hoog sal hou!
Hier is ook die uitslae van die oop span:
NHS wen 22-13 teen Hoërskool Middelburg
NHS wen 30-15 teen Hoërskool Ermelo
NHS wen 29-22 teen Hoërskool Secunda
NHS wen 28-14 teen Hoërskool Middelburg