14 May Netbalkultuur word versterk
Die amptelike oorhandiging van die eerste netbalspan se wedstrydklere is op Woensdag 5 Mei tydens ‘n spesiale funksie by die Mbombela Stadion aangebied.
Die eerstespan se afrigter, me. Suzeth Kotzé, het hierdie funksie vir die spelers en hulle ouers gereël. Sy hoop dat die spelers die kleredrag met Nellie-trots sal dra en saam met hul spanmaats tot die beste van hulle vermoëns sal speel. “Dit is ‘n groot voorreg om vir jou skool se eerstespan te kan speel en die doel met hierdie funksie is om die netbalkultuur te versterk.”
Mnr. Zirk Spruyt, eienaar van Westend Superspar en McDonald’s, is die trotse borg van hierdie span en het tydens die funksie die klere oorhandig. NHS is baie dankbaar vir die finansiële ondersteuning en bystand wat dié borg ons bied.
Hierdie dinamiese span het reeds heelwat vriendskaplike wedstryde gespeel en het ook die eerste ligawedstryd teen Hoërskool Ligbron gewen.
Kom kyk gerus hoe hierdie pragtige span op tuisbodem teen Hoërskool Middelburg op Saterdag 21 Mei speel.
Foto’s: Mamarazzi Photography Nelspruit