
24 Oct NHS-atlete blink uit tussen die massa op Potch
Die jaarlikse NWU Top 30 – atletiekbyeenkoms wat die afgelope naweek (21/22 Oktober) op Potchefstroom aangebied is, was volgens die opgewonde organiseerders, een van die heel grootste skole-byeenkomste ter wêreld. Meer as 2700 atlete, wat 67 spanne (skole) verteenwoordig het, het op die baan en veld gewemel – ‘n logistieke nagmerrie vir enige beplanningskomitee! Tog verdien die personeel en beamptes aldaar, ‘n groot pluimpie dat die byeenkoms uiteindelik suksesvol afgehandel is – al het die groot getal deelnemers per item (in sommige items meer as 60!) en reënweer wat telkens dinge wou ontwrig, sake erg bemoeilik.
Hoërskool Nelspruit het, soos die vorige naweek in Limpopo, weer eens daarin geslaag om ‘n top 10 posisie te behaal. Die Nellies eindig algeheel in die 9de plek, en klop in die proses bekende skole soos Klerksdorp, Garsfontein, Monument, EG Jansen, Rustenburg en Potch Gim. Menlopark het sy naam as SA se top-atletiekskool gestand gedoen, deur die kroon voor uitdagers soos Prestige College, Affies en Zwartkop weg te raap.
Weer was dit NHS se Ashley Erasmus wat een van die groot uitblinkers was, deur in haar twee worpe-items, gewigstoot en skyfwerp (meisies 17), die byeenkomsrekords te laat spat. Wat meer is, met haar reusestoot van 18,88m in gewigstoot (1000 ASA-punte), het sy haar eie SA-rekord van die vorige week (18,65m) met 23cm verbeter en haar posisie as nr.1 op 2022 se wêreldranglys, verstewig.. Sy wen ook die skyfwerp met ‘n uitstekende 51,39m – ook 1000 punte, en die beste afstand van die dag deur ‘n meisie. NHS is supertrots op sy internasionale ster!
As daar ‘n prys vir ‘beste vordering’ was, sou dit beslis aan Zané Nel (m.14) toegeken gewees het! Op Mookghopong haal sy 12,09m met die gewig – en Vrydag kom sy toe met ‘n puik 13,41m te voorskyn! Dit was haar eerste poging verder as 13m, en ook eerste ASA-punt bo 900 (sy het 914 punte verwerf). Die blink 2de plek tussen meer as 50 atlete, sal Zané seker ook nog lank onthou!
Neem gerus ook kennis van die naam Anele Mkhonto (s.15)! Om as 15-jarige al tye van 1:59.50 in die 800m (787), en 4:22.90 in die 1500m (795), aan te teken, dui vir seker op groot talent wat aan’t ontwikkel is. So ook die 14-jarige Tye Habib wat, benewens sy ‘gewone’ goeie vertoning in verspring (5,72m), die driesprong vir seuns 15 aangedurf het – en ‘n indrukwekkende 12,21m gehaal het!
Op ‘n byeenkoms van hierdie aard, gaan dit oor die hoeveelheid ASA-punte wat ‘n atleet tot sy of haar span kan toevoeg, en nie oor podiumposisies nie. Baie geluk aan die Nellies wat, benewens dié wat reeds genoem is, meer as 800 punte (in hulle individuele items) bygedra het:
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:24.05 (815)
Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 14.94 (827); ook 300m hekkies – 49.04 (804)
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 12,36m (832)
Christine Venter (m.16): gewigstoot – 12,37m (845)
Lana Theron (m.14): 100m – 13.10 (806); ook 200m – 26.82 (825) *Lana is nog onder 13
Zoë Cilliers (m.14): 100m – 13.10 (806)
Divan de Kock (s.15): gewigstoot – 15,35m (854)
Menzi Shiba (s.14): 100m hekkies – 14.31 (820)
Met die voorseisoen-byeenkomste nou basies agter die rug, sien ‘n mens uit na wat die nuwe jaar se atletiek gaan oplewer! Die volgende atlete het met vertonings van 700+ ASA-punte, getoon dat hulle sterk op pad is na blink tye, afstande en hoogtes in 2023:
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,55m (720)
Zané Nel (m.14): skyfwerp – 30,36m (790)
Sheba Sithole (m.15): 1500m – 4:55.94 (796)
Livy Owen (m.17): 100m hekkies – 16.45 (736); ook 400m hekkies – 75.09 (731)
Anja Venter (m.17): skyfwerp – 33,57m (798)
Christine Kruger (m.16): skyfwerp – 32,23m (791)
Zoë Cilliers (m.14): 200m – 27.75 (773)
Cherike Boshoff (m.16): 100m – 13.79 (703)
Angelica Graham (m.17): 200m – 28.55 (703)
Zané du Toit (m.16): 400m – 64.78 (725)
Kristen Berry (m.17): 3000m – 11:44.88 (782)
Ava Oosthuizen (m.15): 3000m – 12:08.53 (768)
Azelle du Preez (m.15): 90m hekkies – 16.48 (701); ook 300m hekkies – 52.67 (730)
Lourica vd Merwe (m.15): gewigstoot – 10,37m (774)
Divan de Kock (s.15): skyfwerp – 42,82m (748)
Menzi Shiba (s.14): 300m hekkies – 41.27 (705)
Vian Louw (s.14): gewigstoot – 12,16m (708); ook skyfwerp – 43,27m (765)
Ian Wood (s.16): 200m – 23.67 (710)
Lian Antunes (s.14): 400m – 54.48 (735)
Joshua Fincham (s.15): 1500m – 4:31.40 (744); 3000m – 10:12.72 (749)
Kian Mouton (s.17): 1500m – 4:22.79 (760); ook 3000m – 10:14.16 (721)
Aldo van Jaarsveld (s.14): 100m hekkies – 15.27 (738)
Karl Erichsen (s.17): 110m hekkies – 15.55 (764)
Tye Habib (s.14): verspring – 5,72m (703)
Dirk Joubert (s.14): skyfwerp – 42,02m (748)
Luhan van Wyk (s.17): skyfwerp – 38,91m (720)
Artikel: Mnr. Kobus de Wet