NHS-atlete deel van ‘n grootse skouspel op Potchefstroom

NHS-atlete deel van ‘n grootse skouspel op Potchefstroom

Die jaarlikse NWU Top 30 atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydag en Saterdag (20/21 Oktober) aangebied is, was enige organiserende komitee se nagmerrie! In ‘n poging om die grootste skole- byeenkoms (volgens getal deelnemers) nóg te reël, moes die organiseerders fyn beplan en dinge vasvat om dinge nie in chaos te laat ontaard nie. Om net ‘n voorbeeld te noem: In die 200m vir seuns 17, was daar 176 inskrywings! Talle items moes in tien of meer uitdunne afgehandel word. Meer as twee duisend atlete was in aksie – waarlik ‘n epiese gebeurtenis!

Die 63 deelnemende skole, is uiteindelik volgens totale ASA-punte behaal, in drie groepe geplaas. NHS was in groep A, en het algeheel 18e geëindig (uit die totale 63, dus). Menlopark het weer sy onbetwiste plek as die RSA se nr.1 atletiekskool bevestig, deur die eersteplek voor Helpmekaar en Curro Hazeldean in te neem.

Baie geluk aan Ashley Erasmus, wat die gesogte trofee as beste veldatleet onder die senior meisies verower het. Sy het ‘tradisioneel’ volpunte vir gewigstoot (16,35m) en skyfwerp (51,28m) verwerf en daarmee 2,000 punte tot die meisies se totaal van 23,217 bygedra. Jy gaan ongetwyfeld baie gemis word, Ashley!

Uitstekende vertonings was volop, met talle Nellies en ‘n paar amper-Nellies (volgende jaar se juniors) wat die skool se vaandel hoog gedra het. Benewens Ashley se skitter-prestasies, verdien die volgende atlete groot applous vir vertonings wat 800 en meer ASA-punte werd was:

Olivia Scheepers (m.14): gewigstoot – 13,29m (909)
Zané Nel (m.15): gewigstoot – 13,10m (887); en skyfwerp – 34,87m (849)
Zoë Cilliers (m.15): 100m – 12.67 (847)): en 200m – 26.76 (816)
Sheba Sithole (m.16): 800m – 2:21.13 (836); en 3000m – 11:14.75 (825)
Simoné Lourens (m.15): 90m hekkies – 14.50 (828); en 300m hekkies – 46.91 (840)
Juané (Lulu) le Roux (m.16): gewigstoot – 11,70m (818); en skyfwerp – 32,91m (802)
Lana Theron (m.15): 200m – 26.79 (814)
Chenade Botma (m.14): 100m – 13.09 (808)
Mia du Preez (m.14): gewigstoot – 11,48m (836)
Ava Oosthuizen (m.15): 3000m – 11:41.43 (800)

Menzi Shiba (s.15): 100m hekkies – 13.65 (861)
David Botha (s.17): spiesgooi – 61,53m (824)
Anele Mkhonto (s.16): 800m – 1:57.10 (814)
Dirk-Arnold Joubert (s.15): skyfwerp – 47,14m (804)

Nog ‘n paar vertonings wat ‘n mens na die 2024-seisoen laat uitsien, was:
Menzi Shiba (s.15): 300m hekkies – 39.87
Tye Habib (s.15): verspring – 6,24m
Aldo van Jaarsveld (s.14): 100m hekkies – 14.78
Dirk Joubert (s.15): gewigstoot – 13,70m
Lian Antunes (s.15): 200m – 23.68; ook 400m – 54.26
Ethan Green (s.15): 800m – 2:08.83
Nathan Roodt (s.15): 800m – 2:10.19; en 1500m – 4:39.68
Kamo Monkwe (s.15): 100m hekkies – 14.78
Keenan J. van Rensburg (s.14): gewigstoot – 11,64m; en skyfwerp – 37,10m
Owen Ngwenya (s.16): hoogspring – 1,80m
Ava Oosthuizen (m.15): 1500m – 5:12.68
Chenade Botha (m.14): 200m – 27.58
Azelle du Preez (m.16): 400m hekkies – 72.11
Marike Wasserman (m.14): 300m hekkies – 49.36
Lana Theron (m.15): 100m – 13.17
Elizma de Villiers (m.16): hoogspring – 1,60m
Riette Botha (m.14): 100m – 13.47; ook 200m – 28.36
Menique van Zyl (m.16): 800m – 2:35.63

Laastens, maar vir seker nie die minste nie: ‘n spesiale GELUK! aan die seuns van die onder 15-
4x100m aflosspan, wat die Nellie-rekord wat sedert 2013 op 45.82 gestaan het, met ‘n blink nuwe tyd van 44.99 uit die rekordboeke gevee het!