
15 Mar NHS-atlete maak hul skool en LowMed trots op Boksburg!
As lede van Nelspruit se LowMed-atletiekklub het verskeie Nellies op Saterdag 13 Maart weer uitgeblink, hierdie keer by Boksburg se tweede ope-byeenkoms (deur Sentraal-Gauteng aangebied). ‘n Hele paar pb’s (persoonlike beste) is aangeteken, asook ‘n welkome opwaartse kurwe, wat daarop dui dat die atlete sterk op pad is om later vir medaljes op die Mpumalanga-kampioenskappe mee te ding.
Benewens die gebruiklike puik vertonings wat week na week deur van NHS se meer bekende sterre gelewer is, moet die naam van Jolanke van Zyl vir seker uitgesonder word! Slegs Witrivier se Rentia Hansen en Danielle Bieldt kon deur die jare as Laevelders daarin slaag om die spies verder as 40m te laat grondvat. Op Boksburg het Jolanke die eerste meisie in NHS se 68-jarige bestaan geword om hierdie prestasie te vermag, deur die 500g-spies vir m.17 ‘n volle 41,08m ver deur die lug te laat klief! ‘n Hele handvol eks-spiesgooiers soos Judith Terblanché, Charlotte van Eeden, Ilke Joubert, Marné van Aarde, Michelle Bouwer en Shana Scott het al baie naby in die verlede gekom, maar Jolanke is dan die eerste Nelspruiter om deur die 40m-grens te breek. Afrigters DP Badenhorst en Anica Celliers glimlag breed, want Hannes Botha (s.17) het met sy 61,27m weer al sy teenstan- ders uitgestof, en daar by Tukkies het Zander van der Merwe (2020-matrikulant) ook ‘n gesogte mylpaal bereik deur verder as 70m met die 800g-apparaat te haal. NHS se ‘spiesgooifabriek’ lewer voorwaar die een kampioen na die ander! Dink maar aan ysters soos Werner Bouwer, Joshua Maass, Stephan van der Bank, Stefan Smit – en nou, Jolanke van Zyl. Welgedaan!
Prestasie-gewys, volgens die strawwe ASA-tabel, was Ashley Erasmus (moes m.17 deelneem, is eintlik nog m.16) die beste NHS-atleet van die dag. Sy het twee tweedeplekke behaal: skyfwerp (43,51m, nuwe Nellie-rekord en 946 punte), asook gewigstoot (15,86m – 961 punte).
Saterdag se byeenkoms het weer die ouderdomsgroepe 15, 17, en 20 (vir juniors) betrek, terwyl die senior atlete ook weer hul staal kon wys. In vele items was daar meer as 20 inskrywings, wat beteken dat ‘n medalje (eerste drie in elke item, algeheel) uiters gesog was. Baie geluk aan die volgende Nellies wat dit kon vermag (ASA-punt bo 700 aangedui):
Nathan Duncan (s.15): 800m – 2:04.39 (goud)
Hannes Botha (s.17): spiesgooi – 61,27m (goud, 820)
Handré vd Merwe (s.17): 400m hekkies – 55.63 sek. (goud, 788)
Shanese de Clerck (m.17): verspring – 5,35m (goud); ook hoogspring – 1,55m (silwer)
Marco Capacorio (s.17): 400m hekkies – 55.79 sek. (silwer, 782)
Stefan Coetzee (s.15): 800m – 2:07.88 (silwer)
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 15,86m (silwer, 961); ook skyfwerp – 43,51m (silwer, 946)
Tanya Pieterse (m.15): 300m hekkies – 46.75 sek. (brons, 842)
Nicci Viljoen (m.20): 400m hekkies – 69.56 sek. (brons, 790)
Jolanke van Zyl (m.17): spiesgooi – 41,08m (brons, 824)
Nog uitslae wat meer as 700 ASA-punte verwerf het:
Tanya Pieterse (m.15): 400m – 60.72 sek. (831)
Christine Venter (m15): skyfwerp – 32,75m (815)
Anja Venter (m.17): skyfwerp – 33,72m (800)
La-Alizia Venter (m.17): gewigstoot – 11,34m (791)
Shanré Ehlers (m.15): skyfwerp – 31,26m (789)
Marco Capazorio (s.17): 100m – 11.15 sek. (776)
André Potgieter (s.17): 100m – 11.15 sek. (776)
Ian Wood (s.15): gewigstoot – 13,53m (770)
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 10,79m (768)
Shana Scott (m.20): gewigstoot – 9,81m (766); ook skyfwerp – 32,69m (756)
Wikus van Biljon (s.17): 400m – 51.88 sek. (765)
Christine Venter (m.15): gewigstoot – 10,12m (763)
Nathan Duncan (s.15): 1500m – 4:30.96 (755)
Nicci Viljoen (m.20): 400m – 62.51 sek. (754)
Alexandré Viljoen (s.17): 400m – 52.58 sek. (743)
Zané Potgieter (m.17): 100m – 13.33 sek. (740)
Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 35,69m (736)
Kristen Berry (m.17): 800m – 2:32.31 (732); ook 1500m – 5:12.65 (709)
Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 9,19m (719); ook skyfwerp – 26,94m (712)
Anushka Bothma (m.15): 100m – 13.77 sek. (714)
Divan de Kock (s.15): skyfwerp – 40,24m (713)
Philip Vogel (s.17): gewigstoot – 12,60m (702)
Van die ander goeie uitslae, sluit in:
Alexandré Viljoen (s.17): 800m – 2:05.49
Ruan de Beer (s.15): 300m hekkies – 44.36 sek.
André van Schalkwyk (s.17): 800m – 2:08.33
Philip Vogel (s.17): skyfwerp – 37,56m
Marko Matthee (s.15): verspring – 5,72m
Karl Erichsen (s.17): skyfwerp – 38,17m (*het vir Midack deelgeneem)
Shanese de Clerck (m.15): hoogspring – 1,55m
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,40m
Violet Taljaard (m.15): spiesgooi – 29,67m
Sylvia Barnard (m.17): spiesgooi – 30,73m
Inmiddels was Sheba Sithole op Middelburg by ‘n ander byeenkoms aldaar, vir nog twee uitsteken- de vertonings verantwoordelik. Sy het met twee medaljes huiswaarts gekeer, nadat sy in die afdeling vir meisies 15, ‘n blink 5:11.81 in die 1500m (silwer) en 2:30.37 in die 800m (brons) aangeteken het.
Eerskomende Vrydag en Saterdag neem van NHS se atlete op Potchefstroom aan ‘n interklub-byeenkoms deel, waar talle ander skole se atlete ook in aksie sal wees. Dis die laaste slyp-geleentheid voor die provinsiale kampioenskappe van 27 Maart, waar om plekke in die Mpumalanga-spanne na vanjaar se nasionale kampioenskappe, meegeding sal word. Sterkte aan elke atleet en afrigter wat nou die pylvak betree het!