11 Mar NHS-atlete ryg die medaljes in op Secunda
Mpumalanga se 2022-atletiekkampioenskappe wat op Saterdag 5 Maart te Secunda plaasgevind het, was vanjaar ‘n ware medalje-paradys vir die groot groep Nellies wat dit ondersteun het. Dit was ‘n lang seisoen, maar die atlete wat hul oog op nasionale deelname het, het die pap dik aangemaak en met ‘n hele paar uitstekende vertonings vorendag gekom.
Ashley Erasmus (m.17) was nogeens die groot ster van die byeenkoms. Sy wen die gewigstoot (18,32m – 1000 punte) en skyfwerp (48,92m – ook 1000 punte) en stel vanjaar byeenkoms na byeenkoms, nuwe provinsiale rekords op! Sy het vir die eerste keer ook met die swaarder 4kg-gewig aan die item vir meisies 19 deelgeneem, en Ilke Joubert se Nellie-rekord van 12,83m (in 2018 opgestel) met ‘n uitstekende 15,19m (991 punte) ver oortref. Ashley se goue driekuns, is deur die 15-jarige Vaughn van Zyl geëwenaar, toe hy in gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi, as provinsiale kampioen gekroon is. Vaughn ontwikkel van krag tot krag, en is gewis ‘n kandidaat vir die eindrondes in hierdie items, by vanjaar se SA Skole-kampioenskappe.
Die lys van medaljewenners is werklik indrukwekkend – baie geluk!
Eersteplekke (goud):
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 18,32m (1000); skyfwerp – 48,92m (1000); en gewigstoot m.19 – 15,19m (991)
Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,70m (850); ook verspring – 5,35m
La-Alizia Venter (m.19): skyfwerp – 35,05m (793); ook hamergooi – 20,45m
Zané Nel (m.15): skyfwerp – 35,21m (855)
Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.35 (844)
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:18.40 (871)
Simoné Lourens (m.15): 300m hekkies – 47.17 (835)
Rojandi Coetzee (m.15): hoogspring – 1,55m (720)
Jolanke van Zyl (m.19): spiesgooi – 34,25m (711)
Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot – 15,91m (879): skyfwerp – 57,15m (924); en spiesgooi – 51,70m
Handré vd Merwe (s.19): 400m hekkies – 54.17 (878)
Tweedeplekke (silwer):
Zoë Cilliers (m.15): 200m – 25.88 (871) *nuwe Nellierekord vir m.14
Zané Potgieter (m.19): 200m – 26.56 (785)
Sheba Sithole (m.15): 1500m – 4:57.10 (786)
Liemoni Joubert (m.15): driesprong – 10,45m (727)
La-Alizia Venter (m.19): gewisgtoot – 11,18m (828)
Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 35,04m (725)
André Potgieter (s.19): 100m – 10.60 (858)
Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 14.75 (848)
Janco Small (s.15): verspring – 6,31m (817)
Jacques Bouwer (s.15): spiesgooi – 47,76m
Derdeplekke (brons):
Zané Nel (m.14): gewigstoot – 11,99m (840)
Zoë Cilliers (m.15): 100m – 12.61 (858)
Simoné Lourens (m.15): 400m – 62.62 (791)
Zané Potgieter (m.19): 400m hekkies – 69.09 (798)
Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 33,00m (819)
Violet Taljard (m.15): spiesgooi – 30,84m
Sylvia Barnard (m.19); spiesgooi – 30,95m
Joshua Fincham (s.15): 1500m – 4:30.90 (742)
Handré vd Merwe (s.19): 110m hekkies – 15.06 (819)
Marco Capazorio (s.19): 400m hekkies – 54.83 (850)
Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 42,13m (755)
Karl Erichsen (s.17): spiesgooi – 52,31m
Philip Vogel (s.19): spiesgooi – 50,25m
Al kon hulle nie ‘n medalje in van die ander items verower nie, kan die volgende atlete baie tevrede voel met mooi prestasies waarmee hulle die skole-seisoen afgesluit het:
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 12,05m (820); en skyfwerp – 38,14m (868)
Christine Venter (m.17): gewigstoot – 12,18m (825); en skyfwerp – 34,47m (812)
Simoné Lourens (m.15): 90m hekkies – 14.60 (820)
Hayley Cussons (m.15): 3000m – 12:17.85 (756)
Rojandi Coetzee (m.15): verspring – 4,80m
Janco Small (s.15): 200m – 23.86 (714)
Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.24 (789)
Karl Erichsen (s.17): 110m hekkies – 15.40 (776)
Radley de la Rey (s.15): driesprong – 12,25m
Marko Matthee (s.17): verspring – 6,20m
Baie geluk aan Hoërskool Nelspruit se provinsiale atlete vir 2022! Hulle en hulle entoesiastiese en gesoute afrigters, verdien werklik groot applous, want die kompetisie was hewig en dis ‘n groot prestasie om Mpumalanga by vanjaar se twee nasionale byeenkomste te kan verteenwoordig.
Span na die SA Skole-kampioenskappe:
Ashley Erasmus (gewigstoot en skyfwerp, m.17)
Anja Venter (skyfwerp, m.17)
Christine Venter (gewigstoot, m.17)
Zané Nel (gewigstoot en skyfwerp, m.15)
Juané le Roux (skyfwerp, m.15)
Joshua Fincham (1500m, s.15)
Jacques Bouwer (spiesgooi, s.15)
Vaughn van Zyl (gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi, s.15)
Janco Small (verspring, s.15)
Lemonie Joubert (driesprong, m.15)
Shanese de Clerck (hoogspring en verspring, m.17)
Sheba Sithole (800m en 1500m, m.15)
Rojandi Coetzee (hoogspring, m.15)
Handré vd Merwe (hekkies, s.19)
Marco Capazorio (hekkies, s.19)
Zoë Cilliers (100m en 200m, m.15)
Simoné Lourens (300m hekkies, m.15)
André Potgieter (100m, s.19)
Atlete na die ASA nasionale kampioenskappe :
Ashley Erasmus
Vaughn van Zyl
Philip Vogel (tienkamp)
Janco Small
Liemonie Joubert
Shanese de Clerck
Rojandi Coetzee
Sheba Sithole
Handré vd Merwe
Marco Capazorio
André Potgieter
Zoë Cilliers
Simoné Lourens
Zané Potgieter
Alexandré Viljoen
Rhodé Nel