01 Apr NHS-atlete ryg die medaljes in op Secunda
Die jaarlikse Mpumalanga-atletiekkampioenskappe wat verlede Saterdag (27 Maart) op Secunda plaasgevind het, was weer eens ‘n uitstalvenster vir die hoë standaard wat by Hoërskool Nelspruit, ook op atletiekgebied gehandhaaf word. ‘n Mooi getal van 28 medaljes is huis toe gebring: 10 goud, 9 silwer en 9 brons. Verder, dra 8 Nellies vanjaar die kroon as Mpumalanga-kampioen in hul items, waarvan twee elk twee items gewen het. Hulle is die konstante Ashley Erasmus (m.17 gewigstoot en skyfwerp) en Nicci Viljoen (m.19 200m en 100m hekkies).
Die atlete moes die hele dag, die ongemak van ‘n sterk wind trotseer. Dit het goeie prestasies gekniehalter en talle atlete kon nie na aan hulle pb’s (persoonlike beste) presteer nie. Dit maak Ashley se afstande en ASA-punte nog meer indrukwekkend. Sy het in gewigstoot (16,10m – 970) en skyfwerp (43,43m – 945) nogeens bo 900 punte verwerf. Onder die seuns, was die hekkies-‘tweeling’ weer NHS se beste atlete, toe elk twee medaljes in die 110m- en 400m hekkies ingepalm het.
Jolanke van Zyl het haar eie Nellie-rekord in spiesgooi m.17 na ‘n uitstekende 42,69m verbeter. Met die eindronde by die nasionale kampioenskappe in die visier, kan Jolanke vanjaar nog met ‘n paar groot name klaarspeel. Spanmaat Charné Strydom is vir seker ook aan die opmars! Sy het haar beste afstand vir Secunda gebêre, en met ‘n blink 37,15m vorendag gekom.
Baie geluk aan die volgende medaljewenners (punte bo 700 word aangedui):
Goud:
Marco Capazorio (s.17): 400m hekkies – 54.47 (838 punte)
Nathan Duncan (s.15): 800m – 2:04.31
Hannes Botha (s.17): spiesgooi – 59,95m (800)
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 16,10m (970); ook skyfwerp – (43,43m – 945)
Nicci Viljoen (m.19): 200m – 26.53 (786); ook 100m hekkies – 16.27 (761)
Jolanke van Zyl (m.17): spiesgooi – 42,69m (849)
Zané Potgieter (m.17): 100m – 13.36 (738)
Sheba Sithole (m.15): 1500m – 5:15.20 (709)
Haley Cussons (m.15): 3000m – 11:53:50 (783)
Silwer:
Handré vd Merwe (s.17): 110m hekkies – 14.89 (819); ook 400m hekkies – 54.64 (831)
Karl Erichsen (s.17): spiesgooi – 50,87m
Kristen Berry (m.19): 800m – 2:28.15 (758); ook 1500m – 5:18.64
Zané Potgieter (m.17): 200m – 27.09 (776)
La-Alizia Venter (m.17): gewigstoot – 12,54m (840)
Shana Scott (m.19): gewigstoot – 10,25m (787); ook skyfwerp – 33,80m (774)
Brons:
Marco Capazorio (s.17): 110m hekkies – 14.93 (815)
Ian Wood (s.15): 200m – 24.53
Alexandré Viljoen (s.17): 800m – 2:02.92
Ruan de Beer (s.15): 300m hekkies – 43.91
Charné Strydom (m.17): spiesgooi – 37,15m (761)
Tanya Pieterse (m.15): 400m – 59.38 (866)
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:24.08 (810)
Christine Venter (m.15): gewigstoot – 11,21m (811)
Anja Venter (m.17): skyfwerp – 32,74m (784)
Gegewe die weersomstandighede, het die volgende atlete met vertonings van 700+ ASA-punte, ook baie goed gevaar:
André Potgieter (s.17): 100m – 11.54 (712); ook 200m – 23.02 (744)
Alexandré Viljoen (s.17): 400m – 52.21 (757)
Ruan de Beer (s.15): 100m hekkies – 15.25 (718)
Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.83 (742)
Ian Wood (s.15): gewigstoot – 13,29m (759)
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 11,39m (794)
Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 9,17m (718)
Shanré Ehlers (m.15): skyfwerp – 29,49m (759)
Wat natuurlik die kroon op so ‘n provinsiale byeenkoms span, is die bekendmaking van die atlete wat vir deelname aan die SA-kampioenskappe gekies is. Baie geluk aan die volgende Nellies wat dan vanjaar Mpumalanga-kleure ontvang:
Seuns:
Nathan Duncan (s.15)
Marco Capazorio (s.17)
Handré vd Merwe (s.17)
Hannes Botha (s.17)
Meisies:
Tanya Pieterse (m.15)
Ashley Erasmus (m.17)
Shanese de Clerck (m.17)
La-Alizia Venter (m.17)
Jolanke van Zyl (m.17)
Charné Strydom (m.17)
* ‘n Spesiale woord van gelukwense aan NHS se tienkamp-atleet, Philip Vogel, wat Saterdag in Pretoria by Gauteng-Noord se kampioenskappe, daarin geslaag het om die titel vir seuns 17 te verower. Hy en oudleerling Zander vd Merwe (wen spiesgooi mans 20 met 68,07m) het die Pretorianers gewys hoe dinge nou eintlik gedoen moet word!
Ons maak weer graag melding van die buurskool, Laerskool Nelspruit, se Zané Nel en Zoë Celliers wat op Secunda in die afdeling vir meisies 13, met 5 medaljes tussen hulle, huiswaarts gekeer het. Zané wen die skyfwerp (31,85m), en eindig tweede in gewigstoot (12,09m) en spiesgooi (22,09m). Zoé het beide naellooptitels (100m – 13.64, asook 200m – 28.24) ingepalm. Welgedaan!
Baie sterkte aan ons Gideonsbende en hulle afrigters wat nou finale afronding vir die nasionale kampioenskappe doen. Dankie vir al die atletiek-plesier, al was dit merendeels net per uitslae, wat julle reeds hierdie seisoen verskaf het!