NHS-atlete sorg vir blink vertonings op Secunda

NHS-atlete sorg vir blink vertonings op Secunda

Die groepie atletiek-bittereinders wat die geleentheid gegun is om hulle seisoen tot by die provinsiale kampioenskappe te Secunda te voer, het Saterdag 9 Maart ‘n goeie dag in die uitdagende Hoëveld-hitte beleef. Die Nellies het met 14 medaljes teruggekeer huis toe, en vyf van die atlete is na dese Mpumalanga-kampioene vir 2024. Daar is in die ouderdomsgroepe 15, 17 en 19 meegeding. Baie geluk aan die onder 14-atleet Chenade Botma wat as die vinnigste naelloopster (m.15) in die provinsie gekroon is. Chenade wen beide die 100m (12.43 – 863 ASA punte) en die 200m – 26.14 (850) en spog sodoende met twee gouemedaljes!

Hoërskool Nelspruit se ander Mpumalanga-kampioene is:
Zané Nel (m.17): skyfwerp – 35,68m (831)
Zoë Cilliers (m.17): 200m – 25.46 (870)
Sheba Sithole (m.17): 800m – 2:23.93 (790)
Elizma de Villiers (m.17): hoogspring – 1,56m
Leney Maree (m.15): 3000m – 10:59.86 (847)

Hiermee verbeter Leney haar eie Nellie-rekord vir m.14 (11:01.64), wat sy vroeër vanjaar opgestel het.
Die oes wat silwermedaljes betref, lyk so:
Zoë Cilliers (m.17): 100m – 12.08 (814)
Sheba Sithole (m.17): 1500m – 4:59.95
Leney Maree (m.15): 1500m – 5:08.80
Dané vd Walt (m.15): gewigstoot – 11,84m (837)
Anele Mkhonto (s.17): 800m – 1:58.59
David Botha (s.19): spiesgooi – 57,05m (755)

Brons (derde) is verower deur Jacques Bouwer (s.17) in spiesgooi – 48,77m, en Elizmarie Strydom (m.19) in skyfwerp – 27,22m.

Nog ‘n paar goeie uitslae deur NHS-atlete, sluit in:
Menzi Shiba (s.17): 400m hekkies – 57.58
Owen Ngwenya (s.17): hoogspring – 1,80m; en driesprong – 13,36m
Marieke Wasserman (m.15): 90m hekkies – 15.20 (768); en 300m hekkies – 48.63 (807)
Riëtte Botha (m.15): 400m – 63.81 (771)
Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 10,66m (787)

Daar moet beslis ook melding van oudleerling Ashley Erasmus gemaak word! Sy wen die gewigstoot (m.19) met ‘n puik afstand van 17,31m! Dit plaas haar in die tweede posisie op die nasionale ranglys vir senior dames. Net wêreldkampioen Miné de Klerk, wat tans in die VSA studeer, het met ‘n 17,79m vanjaar verder gestoot. Ashley wen ook die skyfwerp (51,54m) en is stewig op pad om by vanjaar se nasionale kampioenskappe, nog medaljes by haar reeds indrukwekkende versameling, te voeg.

 

Artikel: Mnr. Kobus de Wet