NHS Bergfietsryers geniet ‘n “Saam Staan Dag”

NHS Bergfietsryers geniet ‘n “Saam Staan Dag”

Twee en dertig NHS bergfietsryers het Saterdag 11 Mei by Sabie York Enduro Cross Country Track bymekaar gekom vir ‘n bietjie pret en plesier, maar ook om waardevolle tegniese vaardighede te leer en tydens ‘n uitrit te oefen. Die bekwame Zandri Strydom, Hein Engelbrecht, Franco Perlser en Deon Carstens van TrainingPoint Cycle Coaching het die “Saam Staan Dag” aangebied. Dit was ‘n ongelooflike dag vir die leerders wat nie net baie belangrike wenke ontvang het nie, maar ook ‘n bietjie tyd saam met hulle ouers en spanmaats kon geniet.
Die span oefen hard vir die Spur MTB skoleliga wat op 13 Julie afskop.