NHS bevestig sy posisie in Groep 2 van die Super Interhoër

NHS bevestig sy posisie in Groep 2 van die Super Interhoër

Nadat die Nellies verlede naweek by die spannende Laeveld-interhoër aan die wenkant was, het die veel kleiner span (slegs een atleet per item) na Pretoria gereis waar hulle op Woensdag 28 Februarie teen sewe ander skole in Groep 2 van die jaarlikse NWU Super Interhoër, in aksie was.

Dit was vanuit die staanspoor ‘n geval van klippe kou, want die Rand se atletiek word op ‘n baie hoë standaard bedryf. Om aldaar jou stempel te kan afdruk, is meer as net ‘n groot uitdaging! NHS se meisies was weer kookwater en het uiteindelik met 375 punte, tweede na Transvalia (407) geëindig. Hulle is gevolg deur Rustenburg (343), Klerksdorp (340), Monument (320), Randburg (302), Oos-Moot (249) en Prestige College (202).

Wat die seuns betref, was die Laevelders deurgaans met die rug teen die muur. NHS het hier ‘n vierdeplek (309.5) ingeneem, na Klerksdorp (410), Rustenburg (374), en Monument (325). In die proses reken die Nellies af met Oos-Moot (302.5), Randburg (276), Transvalia (273) en Prestige College (250). Ongelukkig het NHS heelwat punte ingeboet, toe ‘n paar van die manne te haastig was en te vroeg weggespring het.

Toe die eindtotale bekendgemaak is, was dit Klerksdorp, wat opvallend heelwat sterker as in 2023 is, wat as wenners van Groep 2 gekroon is. Hulle algehele totaal van 750, het Rustenburg (717) en Nelspruit (684.5) in die tweede- en derdeplekke ingedwing. Transvalia (680) was ‘n kortkop agter NHS, gevolg deur Monument (645), Randburg (578), Oos-Moot (551.5) en Prestige College (462). Laasgenoemde skool skuif dan volgende jaar af na Groep 3, terwyl Klerksdorp in Groep 1 sal meeding.

‘n Meisie wie se naam vir seker spesiale vermelding verdien, is Simoné Lourens (m.16). In die 400m hekkies, was sy los voor, en sou ongetwyfeld goud gewen het. Sy het egter in die pylvak oor ‘n hekkie gestruikel – en baie hard met die tartanbaan kennis gemaak! Dit was duidelik dat sy baie seer gekry het, en na sy vir ‘n sekonde of wat plat op die baan was, het Simoné swaar opgestaan, en besluit om desondanks tog die wedloop te voltooi. Sy het die wenstreep in die tweedeplek bereik – en met ‘n tyd van 69.63, steeds ‘n baie goeie 808 ASA-punte verdien! Voorwaar ‘n atleet vir wie die hoed hoog gelig moet word – en ‘n meisie wat daardie silwermedalje figuurlik EN letterlik op die harde manier verdien het!

Baie geluk aan die volgende Nellies wat met pragtige medaljes vir individuele prestasies (top 3 in hul items) huiswaarts gekeer het. ASA-punte van 800 en meer, word aangedui:

GOUD (eersteplekke)
Zoë Cilliers (m.16): 100m – 12.29 (892); ook 200m – 25.56 (878)
Dané vd Walt (m.15): gewigstoot – 11,85m (837) Elizma de Villiers (m.17): hoogspring – 1,55m Zané Nel (m.16): gewigstoot – 12,44m (848)
Jordan Pretorius (s.17): 110m hekkies – 15.33; ook verspring – 6,36m Anele Mkhonto (s.17): 800m – 1:57.78
Owen Ngwenya (s.16): hoogspring – 1,75m Naudé Breytenbach (s.14): 400m – 55.19

SILWER (tweedeplekke)
Chenade Botma (m.14): 100m – 12.91 (830); ook 400m – 61.58 (809); en verspring – 4,98m
Marieke Wasserman (m.14): 300m hekkies – 47.49 (836); ook 200m – 27.14 (806)
Ava Oosthuizen (m.19): 3000m – 11:49.87 (*Sy is nog m.16 vanjaar)
Simoné Lourens (m.16): 400m hekkies – 69.63 (808)
Zané Nel (m.16): skyfwerp – 36,43m (858)
Leyla Wienand (m.15): 300m hekkies – 49.34
Roejandi Coetzee (m.16): hoogspring – 1,55m
Lana Theron (m.15): 200m – 26.69 (820)
Juané le Roux (m.17): skyfwerp – 35,12m (822)
Leney Maree (m.14): 1500m – 5:02.94
Levandi Hough (m.16): verspring – 5,00m
Mia du Preez (m.14): gewigstoot – 11,15m (822)
David Botha (s.19): spiesgooi – 56,47m
Joshua Fincham (s.19): 800m – 2:00.49 (*Hy is nog s.17)
Ian Wood (s.19): 100m – 11.23
Julian Middel (s.14): 1500m – 4:49.12
Tye Habib (s.16): verspring – 6,32m
Rian Botha (s.16): spiesgooi – 50,39m
Anele Mkhonto (s.17): 1500m – 4:14.25 (818)
Jacques Bouwer (s.17): spiesgooi – 46,69m
Jacques Winterbach (s.14): gewigstoot – 12,82m
Owen Ngwenya (s.17): driesprong – 12,57m (*Hy is nog s.16)

BRONS (derdeplekke)
Juané le Roux (m.17): spiesgooi – 34,03m; ook gewigstoot – 10,94m Sheba Sithole (m.17): 800m – 2:27.04; ook 1500m – 5:00.67
Menique van Zyl (m.16): 800m – 2:27.12; ook 1500m – 5:17.57 Azelle du Preez (m.17): 400m hekkies – 68.21 (821)
Lourica vd Merwe (m.19): spiesgooi – 30,37m (*Sy is nog m.17) Lana Theron (m.15): 100m – 13.07; ook 400m – 64.77
Diané vd Walt (m.15): skyfwerp – 27,61m Leyla Wienand (m.15): 90m hekkies – 14.82
Marieke Wasserman (m.14): 90m hekkies – 15.22 (800) Zoë Cilliers (m.16): 100m hekkies – 15.97
Jessica Nel (m.19): hoogspring – 1,45m
Vian Louw (s.16): gewigstoot – 13,62m; ook skyfwerp – 42,55m Menzi Shiba (s.16): 400m hekkies – 58.02
Rhandzu Mkhabela (s.15): 300m hekkies – 42.75 Julian Middel (s.14): 800m – 2:18.80
Ethan Green (s.16): 800m – 2:01.67 Ian Wood (s.19): 200m – 22.24
Henru Herbst (s.16): 1500m – 4:23.51
Wiaan von Benecke (s.19): driesprong – 12,65m
Charl van Dort (s.14): hoogspring – 1,65m

Net om ‘n voorbeeld van die hoë standaard te noem: Sheba Sithole (m.17) het die 3000m in ‘n uitstekende 10:42.43 voltooi, ‘n hele 867 punte werd – en kon slegs vierde in daardie wedloop eindig! Ook Henru Herbst (9:37.37 in die 3000m s.17) en Samuel Tryhou wat nog s.16 is, maar die 3000m vir s.19 in ‘n pb van 9:47.38 voltooi het, kon nie podiumplekke haal nie.

Nog enkele van die baie goeie uitslae wat nie genoem is nie, sluit in:
Keenan J.van Rensburg (s.15): skyfwerp – 42,45m
Lian Antunes (s.16): 200m – 23.62
Joshua Fincham (s.19): 1500m – 4:21.63 (Joshua is nog s.17)
Kamo Monkwe (s.16): 100m – 11.65
Leney Maree (m.14): 800m – 2:28.82
Anushka Botma (m.17): verspring – 5,16m
Ava Oosthuizen (m.19): 1500m – 5:10.54 (Ava nog m.16)
Aflos m.14 – 50.90 (wenners)

Die atlete wat gaan meeding om plekke in die Mpumalanga-spanne na vanjaar se SA Skole- en ASA se junior- en jeugkampioenskappe, neem nou verder deel. Ons sien uit na ‘n mooi oes uit die Laeveld!

Baie dankie aan mnr. Kobus de Wet vir hierdie berig.