
02 Aug NHS groet Laerskool Nelspruit se skoolhoof
Posted at 09:40h
in Algemeen
Mnr. Johan Hattingh (hoof van NHS) het Donderdag 29 Julie vir die hoof van Laerskool Nelspruit, mnr. Arrie Henn, ‘n afskeidsgeskenk namens die Nellie-familie gegee.
Mnr. Henn, wat vir 22 jaar lank hoof by die laerskool was, tree af. Mnr Henn se roepingsbewustheid en sy dryfkrag om leergierige en ontvanklike siele in Laerskool Nelspruit deur die jare opvoedkundig te voed, sal beslis onthou word.
Hoërskool Nelspruit wens vir hom en sy eggenote, me. Rénaldia Henn, alles wat mooi is toe vir die volgende seisoen wat hulle betree en dat hulle nuwe vryheid nuwe geopende deure sal bring.