NHS het steeds ‘n plan vir môre – ook op atletiekgebied!

NHS het steeds ‘n plan vir môre – ook op atletiekgebied!

Die jaarlikse BUCO-interhuisbyeenkoms het, ondanks vele wysigings en aanpassings wat vanweë die Covid-regulasies nagekom moes word, nogeens vir pragtige prestasies en groot genot gesorg. Alhoewel die atlete sekerlik die ondersteuning vanaf ‘n volgepakte pawiljoen gemis het, was daar ‘n onderlinge kameraderie en positiewe gees wat vir uithaler-vertonings gesorg het.

Dit is opvallend dat, alhoewel dit maar die begin van die atletiekseisoen was, die atlete reeds op ‘n gevorderde stadium van afrigting en na aan topvorm is. Alle eer en dank aan die atletiekpersoneel wat duidelik hul huiswerk deeglik gedoen en baie hard agter die skerms gewerk het.

Die juniors (seuns en meisies onder 14 en 15) was Dinsdag 23 Februarie in aksie, met die seniors (onder 16, 17 en 19) wat Woensdag die 24e hul slag getoon het. Daarna is die onderskeie spanne se punte bymekaar getel en die algehele trofeewenners aangekondig. Vanjaar was die Atheners in beide die seuns- en meisiesafdeling, te sterk vir die Trojane en Spartane. Hulle seuns wen die trofee met 672 punte, gevolg deur die Trojane (664.5) en Spartane (550.5). Wat die meisies betref, het die Atheners amok gemaak! Hulle totaal van 806 punte, het die Trojane (465) en Spartane (457) ver agter gelaat. Uiteindelik is die Atheners (1478) dan 2021 se interhuiskampioenspan, gevolg deur die Trojane (1129.5), met die Spartane in die derdeplek (1007.5).

Tradisioneel word daar by ‘n interhuisbyeenkoms, die beste atleet (seun en meisie) in elke ouderdomsgroep gekroon. Vanjaar se Victor en Victrix Ludorum in elke afdeling is soos volg:

Seuns:                                                                  Meisies:
s.14  –   Janco Small                                           m.14  –   Megan Botha

s.15  –   Ian Wood                                               m.15  –   Tanya Pieterse

s.16  –   Ruben Vorster                                      m.16  –   Shanese de Clerck

s.17  –   Marco Capazorio                                  m.17  –   Zané Potgieter

s.19  –   Christo Nel                                            m.19  –    Nicci Viljoen

Na dese spog ‘n hele paar atlete met nuwe interhuisrekords! Alhoewel sy nog nie heeltemal op alle silinders vuur nie, het Ashley Erasmus (m.16) nuwe rekords in gewigstoot (15,67m) en skyfwerp (39,42m) opgestel. Groentjie Vaughn van Zyl (s.14) het die oë laat rek toe hy met skitterafstande van 50,96m (skyfwerp) en 14,59m (gewigstoot) losgetrek het. Ook Hannes Botha (s.17) lyk op hierdie vroeë stadium na ‘n SA-atleet. Sy spiesgooi-afstand van 67,35 lyk pure goud! Tanya Pieterse (m.15) het die 90m hekkies in ‘n pragtyd van 14.66 sek. afgeblits, en Marco Capazorio (s.17) het ook gewys dat hy groot planne vir die jaar het, toe hy die 110m hekkies in ‘n rekordtyd van 14.53 sek. gewen het.

Van vanjaar af word die uitdagende nuwe ASA-puntetabel in werking gestel. Die vereistes is geweldig hoog. Om net ‘n voorbeeld te noem: Met sy puik 2:08.42 in die 800m s.15 , het Nathan Duncan net 587 punte verdien!

Die algehele beste prestasie van die dag, volgens genoemde tabel, was Ashley Erasmus se 969 punte (15,67m in gewigstoot, m.16). Sy het ook in skyfwerp (39,42m – 902) die 900-merk verby-gesteek. Hannes Botha se spiesgooipoging (67,35m, s.17) het aan hom ‘n pragtige 910 punte besorg.

Die volgende Nellies het eweneens uitgeblink, deur meer as 800 ASA-punte te verdien:

Marco Capazorio (s.17): 110m hekkies – 14.53 sek. (834)
Vaughn van Zyl (s.14): skyfwerp – 50,96m (863); ook gewigstoot – 14,59m (825)
Ricardo Coreira (s.17): gewigstoot – 14,84m (808)
Tanya Pieterse (m.15): 90m hekkies – 14.66 sek. (800); ook 300m hekkies – 48.47 sek. (806)
Shanré Ehlers (m.15): gewigstoot – 11,91m (840)
Christine Venter (m.15): gewigstoot – 11,61m (827)
La-Alizia Venter (m.17): gewigstoot – 11,86m (813)
Shana Scott (m.19): skyfwerp – 35,60m (801)

Die atletiekentoesiaste wat die uitslae op die skool se webwerf volg, kan hulle maar vir ‘n uitstaande seisoen gereed maak! Hier is nog van die blink interhuisvertonings (ASA-punte bo 750):

Ian Wood (s.15): gewigstoot – 13,53m (770)
Marco Capazorio (s.17): 400m – 52.15 sek. (759); ook 400m hekkies – 56.43 sek. (762)
Ruben Vorster (s.16): 110m hekkies – 15.47 sek. (754)
Handré vd Merwe (s.17): 110m hekkies – 14.97 sek.(795); ook 400m hekkies – 56.87 sek.(746)
Frederik Nel (s.19): gewigstoot – 14,49m (790)
Tanya Pieterse (m.15): 100m – 13.22 sek.(755); ook 200m – 26.90 sek.(799); en 400m – 63.41 sek. (774)
Shanese de Clerck (m.16): 100m – 12.90 sek. (781); ook hoogspring – 1,60m (750)
Larise Combrink (m.17): 100m – 12.93 sek.(766)
Zané Potgieter (m.17): 200m – 27.38 sek. (752); ook 400m hekkies – 73.55 sek. (750)
Nicci Viljoen (m.19): 200m – 26.91 sek. (757); ook 400m hekkies – 71.88 sek. (760)
Johané Viljoen (m.14): gewigstoot – 9,76m (759)
Telieze Coetzee (m.15): gewigstoot – 10,83m (794)
Anja Venter (m.16): gewigstoot – 11,07m (792): ook skyfwerp – 30,37m (759)
Shana Scott (m.19): gewigstoot – 9,81m (766)
Christine Venter (m.15): skyfwerp – 29,88m (765)
Jolanke van Zyl (m.17): spiesgooi – 37,79m (771)

Nog enkele uitslae vir die fynproewer:
Shanese de Clerck (m.16): verspring – 5,22m; ook driesprong m.17 – 10,85m
André Potgieter (s.17): 100m – 11.23 sek.; ook 200m – 23.32 sek.
Alexandre Viljoen (s.17): 400m – 52.78 sek.
Ruan de Beer (s.15): 100m hekkies – 14.69 sek.
Bradley Claassen (s.15): gewigstoot – 12,88m
Bernard van Esch (s.17): gewigstoot – 13,51m
Arili Boshoff (m.16): 100m – 13.23 sek.
Nicci Viljoen (m.19): 100m – 13.05 sek.
Kristen Berry (m.16): 800m – 2:31.68
Berna Kok (m.17): 3000m – 12:24.56
Kiara Craven (m.14): 90m hekkies – 16.11
Frederik Nel (s.19): skyfwerp – 37,59m
Coben Putter (s.19): skyfwerp – 37,09m
Philip Vogel (s.19): skyfwerp – 40,01m
Lallie Grobler (m.17): 400m hekkies – 73.65 sek.
Chané Strydom (m.16): spiesgooi – 35,11m
Lize Oosthuizen (m.16): spiesgooi – 33,95m
Janco Smal (s.14): verspring – 5,31m
Marno du Plessis (s.15): 100m – 11.81 sek.
Ian Wood (s.15): 200m – 23.83 sek.
Sheba Sithole (m.14): 800m – 2:39.00
Luan Steyn (s.17): 3000m – 9:56.58
Hanlu Schoeman (s.14): 100m hekkies – 15.35 sek.
Lané Taljaard (m.19): hoogspring – 1,50m
Ruben Vorster (s.16): verspring – 6,00m
Divan de Kock (s.14): skyfwerp – 39,84m
Violet Taljaard (m.14): spiesgooi – 28,98m
Jacques Bouwer (s.14): spiesgooi – 42,14m
Karl Erichsen (s.16): spiesgooi – 50, 72m
Danny van Staden (s.17): spiesgooi – 51,56m
Hendrik Dreyer (s.19): spiesgooi – 51,00m

Baie geluk aan Ashley Erasmus wat korte mette van twee Nellie-rekords (beste in die skool se geskiedenis) gemaak het. In gewigstoot (m.16) het sy Ilke Joubert se 2015-rekord van 13,00m na ‘n ongelooflike 15,67m verbeter! Ook Shana Scott se 36,11m in skyfwerp (in 2019 opgestel), het voor Ashley se wenpoging van 39,42m geswig.

Met interskole-byeenkomste wat steeds weens die vlak 3- inperking verbied word, het NHS se atletiekbestuur innoverend te werk gegaan deur kontak met klub- en liga-byeenkomste aan die Rand te maak. Soos ons reeds gesê het: NHS hét ‘n plan vir môre! Baie sterkte aan ons atletiekspan en hulle afrigters vir die res van die 2021-seisoen!

Teks: Kobus de Wet
Foto’s: Hennie Homann