
23 Jul NHS hou Matriekafskeid so in die hartjie van Afrika
Mombasa word beskryf as Kenia se gewildste toeristebestemming weens die tropiese klimaat, asemrowende natuurskoon en vriendelike atmosfeer. Kenia beteken “Kind van God” en “Die grootse Kampioen.”
Dit was dan ook net gepas dat dié bestemming gebruik is as hierdie jaar se tema vir NHS se matriekafskeid wat Saterdag, 20 Julie by Riverside Mall en Emnotweni plaasgevind het.
“Ons eie kontinent hoef nie terug te staan vir enige ander plek in die wêreld nie. Kinders van Afrika is op vele terreine kampioene en daarom mag ons groot droom,” sê me. Trudi van Wyk, organiseerder van die matriekafskeid.
Die gr.11-ouers en -leerders het Emnotweni se ingang omskep met kleurryke plantegroei. Die saal was smaakvol versier met fyn liggies en goue versierings.
Hierdie jaar is die matrieks weereens deur ‘n skare van ouers, vriende en familie verwelkom. Daar was weer ‘n verskeidenheid van motors, motorfietse en selfs ‘n hyskraan te sien by die opkoms. Pragtige rokke in verskillende kleure, opmerklike blompatrone en selfs modieuse broekpakkies is gedra. Die seuns het nie teruggestaan nie met blink gepoleerde skoene en onderbaadjies.
Dit was ‘n feestelike aand wat die 2019 matrieks nog lank gaan onthou!
NHS wil baie dankie sê aan die vriendelike personeel van Emnotweni Arena vir hulle ondersteuning. Sakkie Coetzer en die span van AVS het weereens hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Doughs Hiring het agteroor gebuig om hierdie droom ‘n werklikheid te maak. NHS wil ook graag vir ACDC, Westend Spar, Oasis Water, Rooikat, Laeveld Trekkers en al die ouers bedank wat die skool bygestaan het om vir die matrieks net die beste aan te bied.
Me. Trudi van Wyk sê dat die hoogtepunt vir haar as organiseer