NHS – ‘n vriend van Matsafeni

NHS – ‘n vriend van Matsafeni

NHS het Dinsdag, 11 Februarie die voorreg gehad om saam met die Friends of Matsafeni die bekendstelling van die Hloni-projek by te woon.
Die Hloni-projek is moontlik gemaak deur Partners for Possibilities en die vriende van die Laeveld gemeenskap. Dit is spesifiek geloots vir die graad R-leerders van John Mdluli Primêre Skool.

Die uiteindelike visie van die projek is ‘n spoggerige speelpark wat gebruik kan word om die leerders skoolgereed te kry. Intussen gaan die Hloni-bus gebruik word om opvoedkundige beeldmateriaal en boekvoorlesings – alles in Engels – aan te bied.
NHS se graad 8’s het ook onlangs uitgereik na John Mdluli Primêre Skool en die leerders en personeel het al die klimrame geverf en die speelareas mooi skoon gemaak.

NHS is opgewonde om saam met die vriende, vennote en skoolhoof van John Mduli, me. Theresa Mabuyi, ‘n daadwerklike verskil by dié skool te maak.
Die Nellies Omgee-inisiatief het ten doel om hande te vat met die gemeenskap en om projekte soos dié te ondersteun. As u graag wil betrokke raak by NHS se uitreik-projekte, kontak gerus die skool en skakel met die Bemarkingsburo.