NHS netbal en hokkie hou uitspattige hoed en kouse gholfdag

NHS netbal en hokkie hou uitspattige hoed en kouse gholfdag

Die Nelspruit-gholfbaan het Vrydag 10 Maart gewemel van spelers wat uitspattige kouse en hoede gedra het.
Hoërskool Nelspruit se hokkie-en netbalafrigters het saam besluit om ‘n gholfdag te reël om fondse vir opkomende toere in te samel. Die uitspattige gholfdag is goed ondersteun deur die ouers en die gesamentlike poging het vrugte afgewerp.
Die spelers het deelgeneem aan ‘n 4-ball Alliance American Scramble en na afloop van die spel is daar ook ‘n prysuitdeling gehou met ‘n groot veiling wat vir hope pret gesorg het.
Die afrigters bedank graag elke borg wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.
Dan wil ons ook graag spesiale melding maak van die ouers wat uit hul pad gegaan het om die dag met puik organisering en beplanning sonder enige voorval te laat verloop. Die gemeenskap se volgehoue ondersteuning van die skool word opreg waardeer.