31 Mar NHS se 21-dae-inperking-video-uitdaging
Posted at 16:48h
in Algemeen
Die Nellie-TV-span in samewerking met mnr. Dylan Herbst nooi jou uit om aan die NHS-video-uitdaging deel te neem.
Hoe werk dit?
Neem jou 15 sekonde video (volgens die tema en sperdatum)
Stuur na: dylanherbst@nelliesh.co.za
Die video mag nie groter as 15MB wees nie.
Elke derde dag gaan ‘n saamgestelde video op die Nellie-TV-kanaal geplaas word.
Skoolwerk is baie belangrik, maar daar is meer as genoeg tyd vir bietjie humor ook. Hou Nellie-TV dop om lekker saam te lag…
Die videotemas is soos volg:
- Survival of the fittest Nellie (15sek insetsel van jou oefenprogram tuis)
Stuur voor 15:00 op 1 April 2020 - Tuisonderrig (15sek van hoe jy jou skoolwerk tuis doen)
Stuur voor 15:00 op 3 April 2020 - My vermoede was reg… My ouers is van lotjie getik! (Waarmee hou jou ouers hulself besig?)
Stuur voor 15:00 op 6 April 2020 - Vind ‘n nuwe talent!(Het jy in hierdie tyd ontdek dat jy ‘n verborge talent het? – deel dit)
Stuur voor 15:00 op 8 April 2020 - NHS Kokkedoor/Masterchef (Want almal weet almal eet net!)
Stuur voor 15:00 op 10 April 2020 - Lipsink jou gunsteling sanger.
Stuur voor 15:00 op 13 April 2020