21 Feb NHS se atlete ryg die podiumplekke in by Hoërskool Zwartkop (Pretoria)
Terwyl hulle spanmaats in die Ruimsig-stadion aan die strawwe Twizza-skolekampioenskappe in Roodepoort deelgeneem het, het ‘n groot groep van NHS se oorblywende spanlede na Pretoria gereis, waar hulle in ‘n vierhoekige kragmeting teen Zwartkop, Rustenburg en Oos-Moot te staan gekom het. In die afwesigheid van meer as dertig van die skool se top-atlete, het die Nellies met ‘n klompie uithaler-vertonings gewys dat NHS vanjaar oor genoeg diepte op atletiekgebied beskik, om sy man nogtans deeglik teen die stadskole te kon staan.
In totaal, het die Nellies 63 individuele medaljes verower, waarvan 15 goud, 20 silwer en 28 brons was. ‘n Pragtige oes, teen ‘vreemde’ atlete met wie die Laevelders nie eintlik voorheen te doene gekry het nie. Die swaar, nat baan en veld het sake ook nie vergemaklik nie, maar nogtans is bemoedigende vertonings, met die komende interhoër in gedagte, gelewer.
NHS se beste prestasies (volgens die ASA-tabel), het gekom van Rebekkah Raath, Shanré Ehlers en Ruben Lorist. Rebekkah (nog onder 14) het met haar blink tyd van 11:04.01 in die 3000m vir meisies 15, ‘n pragtige 852 punte verdien. Shanré (m.16) het in gewigstoot ‘n mooi afstand van 12,19m (838 punte) gehaal. Ruben (s.17) kan baie tevrede en vol vertroue die interhoër tegemoet gaan, nadat hy die 1,5kg-werpskyf ‘n volle 44,28m ver gegooi het (784 op die tabel).
Baie geluk aan die volgende Nellies wat onder die eerste drie in hulle onderskeie items geëindig het. ASA-punte bo 700 word aangetoon:
Eersteplekke (goud):
André van Schalkwyk (s.17): 400m – 53.34 (717); ook 800m – 2:06.83
Alexandré Viljoen (s.19): 400m – 54.24
Karl Erichson (s.17): 16.09 (704)
Steyn Owen (s.17): 400m hekkies – 61.47
Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 44,28m (784)
Jacques Bouwer (s.15): spiesgooi – 48,60m
Cherike Boshoff (m.16): 100m – 13.50 (706); ook 200m – 27.94 (728)
Zané du Toit (m.16): 400m – 65.80 (703)
Menique van Zyl (m.14): 800m – 2:31.24 (766)
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,45m
Levandi Hough (m.1$): verspring – 4,85m
Lemoni Joubert (m.17): driesprong – 9,92m (*nog onder 14)
Shanré Ehlers (m.16): gewigstoot – 12,19m (838)
Tweedeplekke (silwer):
Danny van Staden (s.19): 100m – 11.54
Alexandré Viljoen (s.19): 200m – 24.17; ook 800m – 2:02.83
Joshua Fincham (s.15): 800m – 2:14.81; ook 1500m – 4:40,51 (701)
Leon van Zyl (s.17): 3000m – 10:56.85
Hugo Smith (s.17): hoogspring – 1,70m
Janco Labuschagné (s.17): verspring – 5,81m
Radley de la Rey (s.17): driesprong – 11,03m
Joshua Devine (s.19): driesprong – 12,13m
Bradley Claasen (s.16): gewigstoot – 12,39m
Bernard van Esch (s.19): gewigstoot – 12.38m
Lana Botha (m.15): 400m – 66.15 (717)
Cherike Boshoff (m.16): 400m – 66.51; ook verspring – 4,67m
Kaycee Fincham (m.14): 800m – 2:32.04 (759)
Rebekkah Raath (m.17): 3000m – 11:04.01 (852)
Azelle du Preez (m.15): 90m hekkies – 15.29 (756); ook 300m hekkies – 52.07 (737)
Anushka Bothma (m.17): driesprong – 9,35m (*nog onder 15)
Derdeplekke (brons):
Jordan Pretorius (s.15): 100m – 12.09; ook 100m hekkies – 15.04 (714)
Rohan Lombard (s.17): 100m – 12.16; ook 200m – 24.52
Stephan Coetzee (s.16): 400m – 56.36
Zander Capazorio (s.17): 400m – 56.39
Johan Gowen (s.17): 3000m – 11:31.32
Tye Habib (s.14): 300m hekkies – 45.56; ook verspring – 5,49m
Mendel Smook (s.15): hoogspring – 1,65m
Dehan Reyneke (s.16): verspring – 5,70m
Ethan vd Westhuizen (s.17): verspring – 5,68m
Jacques Bouwer (s.15): gewigstoot – 11,81m
Ruben Lorist (s.17): gewigstoot – 13,07m (725)
Zané du Toit (m.16): 200m – 28.78
Ava Oosthuizen (m.16): 800m – 2:38.37
Kristen Berry (m.17): 800m – 2:28.44; ook 1500m – 5:23.59
Kaycee Fincham (m.14): 1500m – 5:23.14 (705)
Jessica Nel (m.14): 90m hekkies – 16.00 (741)
Marné vd Merwe (m.16): 100m hekkies – 17.97
Livy Owen (m.17): 400m hekkies – 76.50 (713)
Anushka Bothma (m.15): verspring – 4,52m
Shanré Ehlers (m.16): skyfwerp – 30,67m (764)
Lourica vd Merwe (m.15): spiesgooi – 30,14m
Mieke Raath (m.16): spiesgooi – 23,01m
Sylvia Barnard (m.19): spiesgooi – 31,79m
Dit was voorts ook goed om te sien dat Nathan Duncan (s.16) weer besig is om vinnig na sy terugslag (Covid), goeie vorm te herwin. Sy 1500m-tyd van 4:35.30 (713) wys dat die grafiek beslis ‘n opwaartse kurwe toon. Charlize Boshoff (m.19) kan ook tevrede voel, nadat sy die 4kg-gewig op ‘n goeie 9,02m (728 punte) laat grondvat het.