
05 May NHS se eerstes wen teen die Suide
NHS se Rhinos is die eerste span van die Noorde wat ‘n span van die Suide laat les op sê het tydens die afgelope Noord-Suid skole rugbytoernooi wat in Pretoria aangebied is.
Die Rhinos het Saterdagmiddag, 1 Mei te staan gekom teen Hoërskool Duineveld. Die Nellies het kliphard gespeel in hierdie fisiese stryd wat ook ander uitdagings soos ‘n nat veld, reën en winderige toestande ingesluit het. Teen halftyd het die Rhinos met 10-7 voorgeloop. Christiaan Gates, bekend as die Generaal onder sy spanmaats, het altesaam 20 punte op die telbord geplaas. Dit sluit drie doelskoppe, ‘n strafskop en twee drieë in. Werner Geldenhuys is as speler van die wedstryd benoem. NHS wen die wedstryd 34-7.
Die Mambas, NHS se tweedespan het Vrydag teen Duineveld se tweedes te staan gekom. Dit is die Mambas se eerste rugbywedstryd na die inperking. Die Mambas was van die eerste minuut van spel goed in beheer en het voorgeloop met 17-7. Dit was egter ‘n naelbytstryd tot aan die einde van die wedstryd. Duineveld het die wedstryd in die laaste paar minute met 30-27 gewen. Danny van Staden is as speler van die wedstryd benoem. Die afrigters sê dat hierdie wedstryd ‘n goeie geleentheid vir die seuns gebied het en dat hulle voluit karakters gewys het.
NHS sien uit na die rugbyseisoen wat voorlê. Die eerste vriendskaplike wedstryde vind Saterdag, 8 Mei teen Menlopark plaas. Geen toeskouers word toegelaat nie en die wedstryde word regstreeks op Digitv uitgesaai.
- Danny van Staden
- Werner Geldenhuys