04 Apr NHS se hokkie eerstespanne toer in die Kaap
Die Paasnaweek was ‘n opwindende tyd vir die eerstespanne van Hoërskool Nelspruit wat aan die Belgotex Hokkiefees in Kaapstad deelgeneem het. Hierdie toernooi het 80 spanne bymekaar gebring – 40 seunspanne en 40 dogterspanne van regoor Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe wat mekaar die stryd aangesê het. Dit is geen geheim dat hierdie toernooi as die grootste hokkietoernooi vir skole in Afrika beskou word nie!
Hoewel die kompetisie taai was, het die spelers van NHS nie net die toer geniet nie, maar hulle het ook ‘n sterk vertoning gelewer. Die dogterspan het die toernooi in die 12de plek geëindig, terwyl die seuns hulle in die 20ste plek gevestig het. Die afrigters het dit as ‘n uitstekende geleentheid vir die voorseisoen beskou en is trots op die prestasies van hul spelers.
Uitslae:
Eagles
NHS 0 – 5 Paarl Gimnasium (Verloor)
NHS 1 – 1 St George’s (Gelykop)
NHS 0 – 0 Bellville (Gelykop)
NHS 2 – 1 Hoërskool Punt (Wen)
NHS 2 – 0 Rustenburg (Wen)
NHS 0 – 1 Dr. DF Malan (Verloor)
NHS 1 – 2 Monument (Verloor)
Black Sticks
NHS 7 – 0 St George’s (Wen)
NHS 1 – 0 Stirling (Wen)
NHS 1 – 0 Hoërskool Hermanus (Wen)
NHS 0 – 4 Rustenburg Girls’ High School (Verloor)
NHS 1 – 1 Windhoek Gymnasium (Wen 3-2 met 8 sekondes)
NHS 0 – 3 Hudson Park (Verloor)
NHS 1 – 1 Northcliff (Verloor 3-4 met 8 sekondes)
Ons sien uit na wat die res van die hokkieseisoen inhou.