NHS se netbalspelers leer nuwe tegnieke aan

NHS se netbalspelers leer nuwe tegnieke aan

NHS se netbalspelers en afrigters het sommer baie nuwe planne en idees vir die opkomende netbalseisoen na ‘n baie insiggewende kliniek wat gefasiliteer is deur me. Jenny van Dyk, die afrigter van Gauteng Jaquars en Tuks Netbal, saam met haar 3 hulpafrigters.

Die kliniek het van 6 tot 7 Maart by Hoërskool Nelspruit se netbalbane plaasgevind. Die spelers het nuwe tegnieke aangeleer en dit prakties op die baan uitgevoer.
Die Nellies speel Saterdag teen Dr. E.G. Jansen en Hoërskool Barberton by Hoërskool Nelspruit. Ondersteuners word hartlik uitgenooi om hierdie wedstryde te kom kyk en die dogters te ondersteun.