23 Sep NHS se Owen Ngwenya skitter by Curro Podium in Pretoria!
Die jaarlikse uitdun-byeenkoms vir skole noord van die Vaalrivier, die bekende Curro Podium-reeks se
noordelike been, is Saterdag 19 September in die Pilditch-stadion aangebied. ‘n Ongelooflike totaal van 72
skole het vir hierdie prestigeryke geleentheid ingeskryf – en Hoërskool Nelspruit was daar met ‘n klein,
maar gedugte span wat deeglik rekenskap van hulself gegee het. Die uiteindelike 14de plek (uit 65
volspanne, seuns en meisies saam) was welverdiend!
Die groot uitblinker wat die Nellies se harte sommer warm laat klop het (en die skare op die punte van
hulle stoele gehou het!) was ongetwyfeld ons eie Owen Ngwenya. Hy het in die driesprong vir seuns 17,
die maatband tot ‘n skitterende 14,93m laat rek – die verste wat ‘n seun in NHS se 73 jaar van bestaan, nog
ooit kon spring! Daarmee het Owen ‘n volle 930 tot die spantotaal bygevoeg, en sy eersteplek het getoon
dat hy tans een van ons land se heel bestes, onder junior geledere, in hierdie item is. Hy het ‘n verdere 800
punte verdien, deur ‘n goeie 6,65m in verspring te haal.
Nog ’n uitblinker was Ivhan Pretorius (seuns o/15), wat twee splinternuwe Nellie-rekords vir die o/14-afdeling opgestel het:
- 1500m – 4:27.85 (767 punte)
- 3000m – 9:43.23 (812 punte)
Ander manne wat 800 of meer punte verwerf het, is Menzi Shiba (s.17: 400m hekkies – 53.89, 861);
Jacques Winterbach (s.15: gewigstoot – 14,92m, 835); en Lomon Basson (s.17: 400m – 50.85, 800).
NHS se meisies het, soos ons daaraan gewoond geraak het, met puik prestasies die skool se vlag hoog laat
wapper. Die 800+ vertonings was soos volg:
Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 13,22m (891)
Zoë Cilliers (m.17): 200m – 25.47 (872)
Zané Nel (m.17): gewigstoot – 13,27 (867); ook skyfwerp – 37,38m (857)
Simoné Lourens (m.17): 400m hekkies – 66.02; ook 400m – 59.93 (830)
Zoë J. van Vuuren (m.15): 3000m – 11:19.08 (829)
Elizabeth du Toit (m.15): 300m hekkies – 47.77 (821)
Stewige bydraes van meer as 750 punte, verdien ook beslis om vermeld te word:
Henru Herbst (s.17): 3000m – 9:39.60 (793)
Menzi Shiba (s.17): 200m – 22.70 (768)
Ivhan Pretorius (s.15): 1500m – 4:27.85 (767)
Kaycee Fincham (m.17): 800m – 2:24.94 (794)
Vicky J. van Vuuren (m.17): gewigstoot – 11,41m (794); ook skyfwerp – 31,92m (771)
Juané le Roux (m.19): skyfwerp – 34,79m (789)
Mignon Basson (m.15): 200m – 27.28 (787); ook 400m – 63,01 (782).












