27 Sep NHS se snellers blitsig by Blitz-byeenkoms!
Die meeste van Hoërskool Nelspruit se naellopers het Donderdag 25 Spetember se plaaslike Blitz-
byeenkoms ondersteun, en met goeie opkoms ook deur atlete van veral Rob Ferreira en Lydenburg, is
heelwat uitstekende wedlope gesien. Daar is ook in die 400m en 800m items gewoel, asook in kort- en
langhekkies (300m hekkies, in hierdie geval). Die klompie velditems (spronge en worpe) wat op die
program was, het die toeskouers vir seker ook na die komende byeenkomste laat uitsien.
In die 100m-wedlope, het Rob F se Nyanda Malinga (s.17) ‘n baie goeie 10.79 aangeteken, wat die
vinnigste vir die dag was (811 punte op die nuwe APE-tabel werd).
Nog ‘n puik wedloop was die 800m vir seuns 15, waar nog ‘n atleet van Witrivier, Luleko Masina, in
2:10.25 verby die wenpaal was. NHS se Ivhan Pretrius was tweede in 2:11.90. Laasgenoemde het egter in
die 1500m onder sy teenstanders uit gehardloop om in ‘n blink 4:29.70 eerste te eindig, voor Lydenburg se
Gian Wessels (4:30.39).
Menzi Shiba se baie goeie 14.02 in die 110m hekkies (s.17) moet beslis ook uitgesonder word. Dit is 889
punte werd. Radley Johnston (RF) het die 100m hekkies vir seuns 15 in ‘n baie vinnige 13.19 voltooi (895
punte).
Zané Nel van Nellies (m.17) het weer bewys dat sy tans die beste worpe-atleet onder die meisies in die
Laeveld is, toe sy in gewigstoot (13,64m, 881) en skyfwerp (37,84m, 874) op haar stukke was. Ysterman
Robroy MacGregor (NHS, s.17) het eweneens met ‘n mooi afstand van 15,88m in gewigstoot (855)
getoon dat hy volgende jaar die man gaan wees wat geklop moet word, as daar van interhoër-glorie
gedroom word.
Baie geluk aan die volgende NHS-atlete wat so vroeg na die winter-reses, ook vir 800+ prestasies
verantwoordelik was:
Mignon Basson (m.15): 200m – 26.52 (848); en 100m – 13.06 (810)
Riëtte Botha (m.15): 100m – 13.09 (808); en 200m – 27.52 (807)
Chenade Botma (m.15): 200m – 27.01 (827)
Lua Henning (m.15): 200m – 27.62 (803)
Simoné Louwrens (m.17): 200m – 26.61 (827); en 400m – 62.63 (805)
Vicky J.van Vuuren (m.17): skyfwerp – 33,55m (828)
Lana Theron (m.17): 200m – 27.24 (802)
Diané vd Walt (m.17): gewigstoot – 12,85m (850)
In die kategorie 770-799 punte, het nog talle Nellies hande opgesteek om te wys dat hulle slaggereed is
om die 2026-seisoen, ‘n grote te maak:
Lana Theron (m.17): 100m – 13.18 (782)
Inneke van Heerden (m.15): skyfwerp – 28,63m (789)
Celesté Classen (m.15): skyfwerp – 28,22m (784); ook gewigstoot – 10,60m (781)
Lin-Mari Kemp (m.15): 400m – 65.01 (783)
Mignon Basson (m.15); 400m – 65.86 (770)
Zoë J. van Vuuren (m.15): 800m – 2:29.84 (777)
Kaycee Fincham (m.17): 800m – 2:27.01 (791)
Elizabeth du Toit (m.15): 90m hekkies – 15.01 (780); en 300m hekkies – 49.72 (785)
Ethan Green (s.17): 400m – 51.11 (785)
Al is daar nie punte-aanduidings vir hulle vertonings nie, neem ons gewis kennis van die volgende
vertonings in die ongewone 300m hekkies:
Menzi Shiba (s.19): 39.58
Limoné Louwrens (m.17): 46.40
Quinet Swart (m.17): 51.92
Pieter Prinsloo (s.15): 44.89
Nog van die atlete wat gerus fyn dopgehou kan word, sluit in:
Natasha Groenewald (m.17): 100m – 13.57; ook 200m – 28.69
Minke Badenhorst (m.15): 200m – 28.89; ook hoogspring – 1,45m
Jess Badenhorst (m.15): 300m hekkies – 50.74; en hoogspring – 1,45m
Lin-Mari Kemp (m.15): 300m hekkies – 51.30
Lalla Kemp (m.15): 300m hekkies – 51.43
Vicky J. van Vuuren (m,17): spiesgooi – 29,24m
Anebelle Badenhorst (m.17); skyfwerp – 27,54m
Mienke Fourie (m.15): 90m hekkies – 15.28
Erenst Zeelie (s.15): 100m hekkies – 14.66
Charl van Dort (s.15): hoogspring – 1,75m
Bernard Calitz (s.15): hoogspring – 1,70m; ook verspring – 5,60m; en 100m – 11.52
Elizabeth du Toit (m.15): verspring – 4,95m
Talin Koopman (s.15): verspring – 5,81m
Lomon Basson (s.17): 400m – 52.06
Ethan Green (s.17): 800m – 1:59.24























