NHS se span veg enduit in naelbytstryd aan die Rand

NHS se span veg enduit in naelbytstryd aan die Rand

Die jaarlikse NWU Super Interhoër, vanjaar in die Ruimsig-stadion aangebied, sal (wat die B-bond betref) onthou word as ‘n byeenkoms wat die senuwees meer as net deeglik beproef het! Die 8 mededingende spanne het mekaar met mag en mening getakel, en die punteverskil tussen die top 6 skole in die bond, was tot in die finale aflositems, in die weegskaal.

Marais Viljoen (503) en Rustenburg (585) kon uiteindelik nie die pas volhou nie. Al kon hulle seuns (tweede met 344 punte) en meisies (ook tweede, met 362 punte) nie hul afdeling wen nie, was dit Kempton Park wat met ‘n gesamentlike totaal van 706, met die louere weggestap het. Hulle is gevolg deur Potchefstroom Gimnasium (687) en Randburg (661). Slegs twee punte na Randburg, was NHS met 659, net drie punte voor Klerksdorp (656)! Montana (644) was in die sesdeplek. Die seuns van Klerksdorp en meisies van Randburg, het bo-aan hulle afdelings geëindig.

Vier individuele trofeë was op die spel – en die Nellies het twee van hulle huis toe gebring! Baie geluk aan Douw Kruger (Senior Victor Ludorum) en Ashley Erasmus (Junior Victrix Ludorum) wat hierdie onderskeiding te beurt geval het.

Twee Nellie-rekords het in die slag gebly. Handré vd Merwe (s.16) het Juandré van Duyker se 2013-rekord in die 110m hekkies (14.35) na ‘n puik 14.30 sek. verbeter. NHS se kookwater aflosspan vir meisies 17, het met ‘n baie goeie tyd van 49.59 die bestaande rekord van 49.98 uit die rekordboeke gevee. Die span bestaan uit Rhodé Nel, Nicci Viljoen, Jana Engelbrecht en Nicolize Aucamp.

Vir enige atleet is ‘n medalje by die Super Interhoër, ‘n uiters gesogte besitting. Baie geluk aan die klompie uitblinkers wat vandag met ‘n blink medalje kan spog! Punte bo 800 (ASA-tabel) word telkens aangetoon.

Seuns (goud):
Douw Kruger(s.19): gewigstoot – 17,50m (920); ook skyfwerp – 50,82m (919)
Wikus van Biljon (s.16): 400m – 51.18 (814)
Alexandré Viljoen (s.16): 800m – 2:05.23
Marvin Mthethwa (s.19): 110m hekkies – 14.59 (850)
Handré vd Merwe (s.16): 400m hekkies – 56.27
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,70m

Meisies (goud):
Ashley Erasmus (m.15): gewigstoot – 16,47m (1018); ook skyfwerp – 44,49m(999)
Rhodé Nel (m.17): 200m – 24.95 (905)
Nicci Viljoen (m.17): 400m – 60.11 (832)
Livy Owen (m.15): verspring – 4,93m
Aflos, meisies 17: 49.59

Seuns (silwer):
Douw Kruger (s.19): spiesgooi – 56,02m
Dewald van Heerden (s.17): 400m – 51.05 (803)
Handré vd Merwe (s.16): 110m hekkies – 14.30 (862)
Kian Mouton (s.15): 1500m – 4:23.13
Marco Capazorio (s.17): 400m hekkies – 57.28 (*nog onder 16)
Hannes Botha (s.16): spiesgooi – 58,62m (801)
Aflos, seuns 14: 48.31
Aflos, seuns 16: 44.56

Meisies (silwer):
Zané Potgieter (m.16): 100m – 13.13; ook
Tanya Pieterse (m.14): 300m hekkies – 48.17 (825)
Rhodé Nel (m.17): 100m – 12.42 (838)
Mieke Louw (m.16): 100m hekkies – 15.73
Lallie Grobler (m.16): 400m hekkies – 68.41 (830)
Zoë Scheepers (m.15): hoogspring – 1,40m
Lané Taljaard (m.17): hoogspring – 1,50m
Shana Scott (m.19): gewigstoot – 10,77m (811) (*nog onder 17)
Aflos, meisies 16: 51.80

Seuns (brons):
Charles Nel (s.15): 100m – 11.69; ook 100m hekkies – 13.85 (826)
André Potgieter (s.16): 100m – 11.51; ook 200m – 23.06
Henko de Nysschen (s.19): 200m – 22.39; ook 400m – 49.43 (833)
Zander vd Merwe (s.19): 100m – 11.56
Luthando Mabuza (s.17): 800m – 2:01.63
Ruan de Beer (s.14): 300m hekkies – 44.60
Nico Liversage (s.19): 400m hekkies – 56.45
Bernick Bezuidenhout (s.16): hoogspring – 1,70m
Tiaan Zietsman (s.19): hoogspring – 1,70m
Karl Erichsen (s.15): skyfwerp – 44,58m
Aflos, seuns 19: 43.52

Meisies (brons):
Zané Potgieter (m.16): 200m – 26.99
Tanya Pieterse (m.14): 400m – 60.91 (831)
Tayla Kotzee (m.19): 100m hekkies – 15.92
Danielle Groenewald (m.15): 300m hekkies – 47.68 (827)
Kyla Labuschagné (m.19): 400m hekkies – 67.57 (823)
Karien Goosen (m.16): verspring – 4,83m
Anya Venter (m.17): skyfwerp – 32,88m (*nog onder 15)
Shana Scott  (m.19): skyfwerp – 34,21m (*nog onder 17)
Aflos, meisies 19: 51.18

Die oorgrote meerderheid van die atlete, het op hul prestasies by die Laeveld-interhoër verbeter, terwyl van die ander Nellies ook heel tevrede met ‘n klompie pragtige tye, afstande en hoogtes kan voel. Nog enkele blink vertonings:

  • Bradley Claassen (s.14): gewigstoot – 11,67m
  • Philip Vogel (s.16): skyfwerp – 42,56m
  • Quinn van Zyl (s.17): skyfwerp – 41.59m
  • Ian Wood (s.14): spiesgooi – 40,17m
  • Heino Meiring (s.15): spiesgooi – 47,12m
  • Theunis Meyer (s.14): 200m – 25.31
  • Etha vd Westhuizen (s.15): 200m – 24.40
  • Nathan Duncan (s.14): 800m – 2:13.50
  • Nicci Viljoen (m.17): 100m hekkies – 15.63; ook 400m hekkies – 68.67 (819)
  • Jodi dos Santos (m.14): 1500m – 5:27.96; ook hoogspring – 1,40m
  • Suné du Preez (m.16): hoogspring – 1,45m
  • Zané du Toit (m.14): verspring – 4,57m
  • Arili Boshoff (m.15): 100m – 13.20
  • Kristen Berry (m.15): 800m – 2:28.05
  • Shanré Ehlers (m.14): gewigstoot – 10,26m
  • La-Alizia Venter (m.16): gewigstoot – 11,42m (817); ook skyfwerp – 26,64m
  • Lize Oosthuizen (m.15): spiesgooi – 29,73m
  • Amoné de Beer (m.17): spiesgooi – 32,45m
  • Suzaan Nel (m.19): 400m – 62.46
  • Danielle Groenewald (m.15): 90m hekkies – 14.48 (817)
  • Shana Scott (m.19): spiesgooi – 30,17m
  • Mila de Villiers (m.19): 1500m – 5:13.81
  • Tanya Pieterse (m.14): 90m hekkies – 15.27

Nogeens baie geluk aan al die atlete en hul getroue afrigters, wat die 2020-skoleseisoen, ‘n liplekker ervaring van groot opwinding en puik vertonings, gemaak het. Sterkte aan die groep atlete wat hul visiere nou op insluiting in die Mpumalanga-span na vanjaar se SA-skole en ASA-kampioenskappe gerig het.

NHS leerders is bederf met heerlike roomyse van  Lowveld Ice Cream (Rocky’s Drift).