04 Mar NHS se super-sterre skitter in Gauteng!
Met die Laeveld-kroon in die sakkie, het Hoërskool Nelspruit se kern-atletiekspan (slegs een atleet per item) Woensdag 2 Maart opgeruk na Roodepoort, waar die jaarlikse NWU Super Interhoër plaasgevind het. NHS het hom vanjaar in die B-bond bevind, en het gevolglik aan die sterkste byeenkoms, waar die A-bond se spanne ook in aksie was, deelgeneem. Om skouers te skuur met die 16 sterkste atletiekskole noord van die Vaalrivier, is waarlik ‘n grootse uitdaging – en nog groter voorreg! Net in items wat in bane gehardloop is, was die Nellies in aksie teen ‘bond-genote’; in al die ander items was dit ‘n geval van 16 atlete (8 per bond) wat mekaar die stryd aangesê het.
Na slegs enkele items, was dit reeds duidelik dat veral drie skole, dit om die B-bond kroon van 2022 sou uitspook: NHS, Noordheuwel (Krugersdorp) en Rustenburg. Hierdie drie het om die beurt, in beide seuns- en meisiesafdelings, die voortou geneem en die finale uitslag was tot en met die aflosse, nog in die weegskaal. Lig die hoed hoog vir NHS se seuns, wat na die stywe kompetisie teen Rob Ferreira die vorige naweek, op volle silinders gevuur het en daarin kon slaag om die trofee as B-bond seunskampioen vir 2022, huis toe te bring! NHS (389), is gevolg deur Noordheuwel (375), Rustenburg (360), Klerksdorp (338), Potch Gim (301), Montana (282), Randburg (251) en Dr.Malan (246). Wat die meisies betref, het die Laevelders in velditems bygehou, maar hulle op die baan teen die Hoëvelders se spoed en stamina (en die tuisvoordeel van hoë lugdruk) vasgeloop! Die Nellies het wel vir ‘n klompie uitstekende tye gesorg, maar moes uiteindelik met die derdeplek tevrede wees. Dié afdeling is gewen deur Noordheuwel (390), met daarna Rustenburg (355), Nelspruit (341), Randburg (326), Potch Gim (317), Montana (284), Dr. Malan (280) en Klerksdorp (268). Met sy groottotaal van 765, is dit dan Noordheuwel wat vanjaar die B-bond inpalm, en opskuif na die A-bond in 2023. NHS eindig in ‘n goeie tweedeplek (730), gevolg deur Rustenburg (715), Potch Gim (618), Klerksdorp (606), Randburg (577), Montana (566) en Dr. Malan (526), wat afskuif na die C-bond.
NHS se Ashley Erasmus (m.17) was weer die ster van die byeenkoms, toe sy twee rekords laat spat het. Sy wen die gewigstoot (18,05m, 1000 punte) en skyfwerp (47,79m, ook 1000 punte) om haar posisie as SA se beste onder 17- veldatleet te bevestig. Puik gedoen, Ashley! Dan het Rhodé Nel (m.19) haar beste, vir laaste gebêre. In haar allerlaaste naellope as lid van die NHS-span, skryf sy beide items se Nellie-rekords agter haar naam: In die 100m verbeter sy haar eie 12.13 sek. van die vorige naweek, na ‘n blinknuwe 12.07; en in die 200m laat sy Marelise Weich se 1979-rekord van 24.90 in die slag bly, toe sy in 24.82 verby die wenpaal blits. Welgedaan, Rhodé! Die 17-jarige Anja Venter se naam moet vir seker ook uitgelig word. Sy moes haar span in die skyfwerp vir meisies 19 verteenwoordig – en stel toe sommer in die proses ‘n nuwe huishoudelike rekord op! Anja se eerste 40m+ poging (40,36m), het kleingeld van Marné vd Merwe se 2012-rekord (37,10m) gemaak – wat ‘n goeie poging!
Drie Nellies-rekords het ook in die aflosse gespat. NHS se kookwater-spannetjie in seuns 14, het die 2007-rekord van 47.50 kis gehardloop deur in 47.32 die eersteplek te verower. NHS se meisies 14 was ook weer op hulle stukke, en wen die aflositem met ‘n indrukwekkende tyd van 51.59 sek., wat die 2013-rekord (51.97) uit die rekordboeke vee. Soos met die Laeveld-interhoër, het Nelspruit se twee onder 19-spanne gesorg dat NHS in die laaste aflosse, die laaste sê gehad het. Die seuns 19 se pragtyd van 42.37 het die 2019-rekord van 42.72 verpletter. Al kon hulle nie ‘n Nellie-rekord opstel nie, was die meisies 19 se wentyd van 49.44 uitstekend en het hulle behoorlik die hakke vir die teenstanders gewys!
Om by ‘n Super Interhoër byeenkoms ‘n medalje te wen, is enige atleet se droom. NHS is baie trots op die volgende atlete wat gesogte podium-plekke verower het:
Eersteplekke (goud)
Kian Mouton (s.17): 800m – 1:57.02 (812 ASA-punte)
Jordan Pretorius (s.15): 300m hekkies – 42.12; ook verspring – 6,00m (720)
Mendel Smook (s.15): hoogspring – 1,70m
Marko Matthee (s.16): verspring – 6,39m (777)
Aflos s.14: 47.32, Nellie-rekord (707) *Menzi Sheba, Tye Habib, Kuhle Masuko en Lian Antunes
Aflos s.19: 42.37 , Nellie-rekord (847) *Handré vd Merwe, Marco Capazorio, André Potgieter en Danny v Staden
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 18,05m (1000); ook skyfwerp – 47,79m (1000)
Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.48 (889); ook 200m – 26.52 (839)
Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,70m (850); ook verspring – 5,66m (806)
Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.07 (883)
Rojandi Coetzee (m.14): hoogspring – 1,60m (820)
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,50m
Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 36,02m (742)
Aflos m.14: 51.59, Nellie-rekord (750) *Simoné Lourens, Zoë Cilliers, Levandi Hough en Joslin Boshoff
Aflos m.19: 49.44 (758)
Tweedeplekke (silwer)
Handré vd Merwe (s.19): 400m hekkies – 53.81 (888)
Menzi Sheba (s.14): 300m hekkies – 42.58
André Potgieter (s.19): 200m – 21.94 (798)
Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 14.98 (823)
Janco Small (s.15): 200m – 23.97 (702)
Lian Antunes (s.14): 400m – 56.22
Nathan Duncan (s.16): 800m – 2:01.72 (732)
Liam Doncaster (s.14): 4:47.15
Joshua Fincham (s.15): 1500m – 4:37.60 (721)
Kian Mouton (s.17): 1500m – 4:14.28 (830)
Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.04
Philip Vogel (s.19): hoogspring – 1,80m
Tye Habib (s.14): verspring – 5,85m (746)
Janco Labuschagné (s.19): verspring – 6,17m
Joshua Devine (s.19): driesprong – 12,33m
Vian Louw (s.14): gewigstoot – 13,87m (792)
Vaughn van Zyl (s.15): spiesgooi – 53,72m
Aflos s.15: 46.33 (730)
Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12.38m (873); ook skyfwerp – 33,94m (851)
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:21.75 (851); ook 1500m – 4:58.83 (793)
Zané Potgieter (m.19): 400m hekkies – 67.89 (813)
Simoné Lourens (m.14): 300m hekkies – 47.51 (834)
Rhodé Nel (m.19): 200m – 24.82 (889)
Levandi Hough (m.14): verspring – 4,76m
Larissa Combrink (m.19): verspring – 5,25m
La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 11,48m (841)
Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 32,02m (802)
Jolanke van Zyl (m.19); spiesgooi – 38,06m (775)
Derdeplekke (brons)
Vian Louw (s.14): skyfwerp – 39,49m; ook spiesgooi – 40,71m
Vaughn van Zyl (s.15): skyfwerp – 55,10m (900)
André Potgieter (s.19); 100m – 10.80 (810)
Lian Antunes (s.14): 200m – 24.86
Ian Wood (s.17): 200m – 23.17 (727)
Handré vd Merwe (s.19): 400m – 50.33 (788)
Ethan Green (s.14): 800m – 2:17.72
Joshua Fincham (s.15): 800m – 2:08.19
Menzi Sheba (s.14): hoogspring – 1,65m
Radley de la Rey (s.17): driesprong – 12,10m
Ryan Venter (s.17): gewigstoot – 14,34m (785)
Aflos s.16: 45.03 (768)
Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 14.61 (849); ook 400m – 62.97 (778)
Anja Venter (m.19): skyfwerp – 40,36m, Nellie-rekord (870)
Lallie Grobler (m.19): 100m hekkies – 16.84 (726)
Zoë Scheepers (m.16): hoogspring – 1,50m
Nog prestasies van 750 punte en meer, wat beslis vermelding verdien:
Ian Wood (s.17): 100m – 11.29 (750)
Menzi Sheba (s.14): 100m hekkies – 14.51 (799)
Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot -14,49m (815)
Aflos s.17: 44.50 (778)
Shanese de Clerck (m.17): 100m – 13.11 (765)
Lana Botha (m.15); 400m – 64.16 (756)
Cherike Boshoff (m.16): 200m – 27.10 (782)
Zané du Toit (m.16): 400m – 62.12 (775)
Kirsten Berry (m.17): 800m – 2:27.45 (778)
Zané Potgieter (m.19): 400m – 62.10 (761)
Hayley Cussons (m.17): 3000m – 11:40.75 (793) *nog m.15
Zimri Leeuvenink (m.19): 3000m – 12:07.52 (756)
Azelle du Preez (m.15) 300m hekkies – 50.66 (763)
Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 10,42m (776)
Christine Venter (m.16): gewigstoot – 10,85m (782)