25 Feb NHS se swemmers ryg die medaljes en rekords in by interhoër 2020
Hoërskool Nelspruit het verlede Woensdag, 19 Februarie 2020, sy posisie as die Laeveld se top-swemskool bevestig, toe hy in ‘n opwindende interhoërgala, gemaklik met die ander ses uitdagers klaargespeel het. ‘n Ruim medalje-oes, asook 14 nuwe interhoërrekords, getuig van Nellie-guts en ‘n puik spangees.
Uplands College se meisies (418 punte) het hard probeer om binne trefafstand te bly, maar uiteindelik was dit die Nellies (515) wat met die trofee weggestap het. Hulle is gevolg deur Curro Nelspruit (302), Penryn College (160), Rob Ferreira (111), Barberton (86) en Komatipoort Akademie (24). Met twee goue medaljes, elk met ‘n rekordtyd daarby, was Jodi dos Santos en Nicci Viljoen die groot uitblinkers vir NHS.
Die seuns was deurgaans net te sterk vir die opposisie. NHS se wentotaal van 534, teenoor Curro se 278 en Uplands College se 254, vertel die hele verhaal. Hulle is gevolg deur Rob Ferreira (204), Barberton (123), Penryn College (122) en Komatipoort (73). Vir NHS het Dian de Klerk, Janco Rademeyer, Dylan Boshoff en Rossouw Janson, vir nuwe rekords in die individuele items gesorg.
Dit was dan NHS se spankapteins wat na die afloop van ‘n uiters suksesvolle gala, die trofee vir die algehele wenspan van die dag, omhoog kon hou. Nellies (1109), is gevolg deur Uplands College (716), Curro Nelspruit (626), Rob Ferreira (325), Penryn College (308), Barberton (219) en Komatipoort Akademie (97).
Baie geluk aan die volgende swemmers wat met 2020 interhoërswem-medaljes (individuele items) kan spog:
Meisies:
JODI DOS SANTOS: 50m rugslag (m.14) – 34.74 (goud); 100m vryslag (m.15+) – 1:00.83 (goud, rekord); 50m vlinderslag (m.14) – 31.12 (goud, rekord); en 200m indiv.wisselslag (m.15) – 2:42.01(silwer)
NICCI VILJOEN: 50m rugslag (m.17) – 33.90 (goud, rekord); ook 50m vryslag – 29.17 (goud, rekord)
MAGDALEEN TERBLANCHé (m.16): 100m rugslag (m.16+) – 1:14.88 (goud); 50m rugslag – 34.68 (goud); 50m vryslag – 29.65 (goud); en 200m wisselslag (m.16+) – 2:44.43 (brons)
MICCA STEYN (m.16): 50m borsslag – 44.21 (goud); ook 50m vlinderslag – 34.39 (goud)
TAYLA KOTZEE (m.19): 50m rugslag – 34.54 (goud); ook 50m vlinderslag – 33.56 (silwer)
LUCY FRIEDENTHAL (m.14): 50m borsslag – 39.61 (goud); 50m vryslag – 32.59 (silwer); en 100m borsslag (m.15+) – 1:29.07 (silwer)
IZANIE VD MERWE (m.17): 50m borsslag – 36.36 (goud); 100m borsslag (m.16+) – 1:23.27 (silwer); en 50m rugslag – 37.95 (brons)
NAOMI VD NEST (m.17): 50m vlinderslag – 33.10 (goud); 50m vryslag – 30.64 (brons)
MELINDIE VAN RENSBURG (m.14): 50m vryslag – 31.73 (goud); 50m rugslag – 37.79 (silwer); 100m rugslag (m.15) – 1:22.61 (silwer)
ANRI SPRUYT (m.15): 50m vryslag – 30.95 (goud); 50m borsslag – 39.18 (brons)
NINA VENTER (m.15): 50m rugslag – 39.75 (silwer);
LAURA VD MERWE (m.16): 50m rugslag – 35.42 (silwer); ook 50m vlinderslag – 34.73 (silwer)
DANJE OBERMEYER (m.16): 50m vryslag – 31.25 (silwer); ook 100m vryslag (m.16+) – 1:06.64 (silwer)
MILDA VAN DYK (m.19): 50m vryslag – 32.13 (silwer); 50m borsslag – 44.09 (brons)
MIA VILJOEN (m.17): 50m vlinderslag – 34.65 (brons); 100m vryslag (m.16+) – 1:24.54 (brons)
MILLA NEL (m.19): 50m vlinderslag – 36.64 (brons); 50m vryslag – 32.87 (brons)
Seuns:
DIAN DE KLERK (s.15): 50m rugslag – 34.34 (goud); 100m rugslag – 1:13.79 (goud, rekord); 200m indiv.wisselslag – 2:36.61 (goud); en 50m vlinderslag – 31.96 (brons)
JANCO RADEMEYER (s.15): 50m vryslag – 28.60 (goud); 50m borsslag – 37.08 (goud); 100m vryslag – 1:01.10 (goud, rekord); en 100m borsslag (s.15+) – 1:20.54 (goud)
CHRISTO FERREIRA (s.14): 50m rugslag – 35.28 (goud); 50m vryslag – 31.46 (silwer)
MARSHALL VAN EYSSEN (s.17): 50m rugslag – 30.67 (goud); 50m borsslag – 34.90 (silwer); 200m indiv.wisselslag (s.16+) – 2:28.69 (silwer)
ROBBIE DRUMMOND (s.19): 50m vlinderslag – 29.34 (goud); 100m vryslag (s.16+) – 1:00.11 (goud); en 50m rugslag – 33.57 (silwer)
JEAN-ARNO CILLIERS (s.14): 50m borsslag – 35.95 (goud); 50m vryslag – 28.38 (goud); 200m indiv.wisselslag (s.15) – 2:46.03 (silwer)
HANNES FEUTH (s.16): 50m borsslag – 36.26 (goud)
DYLAN FAUST BOSHOFF (s.17): 50m borsslag – 32.66 (goud, rekord); 100m borsslag (s.16+) – 1:16.07 (silwer)
ROSSOUW JANSON (s.15): 50m vlinderslag – 29.43 (goud); 100m vryslag (s.15+) – 1:06.43 (goud, rekord); 50m borsslag – 38.92 (silwer)
DAYLYN HOLTZHAUSEN (s.14): 50m vlinderslag – 35.97 (goud); 50m rugslag – 38.94 (silwer)
GERARD VENTER (s.17): 50m vlinderslag – 27.80 (goud); 50m vryslag – 26.30 (goud); en 100m rugslag (s.16+) – 1:19.33 (brons)
TERBLANCHé DE KOCK (s.15): 50m rugslag – 38.19 (silwer); 50m vryslag – 29.46 (silwer)
JAN-ALBERT MENTZ (s.19): 50m borsslag – 37.45 (silwer); 50m vryslag – 28.69 (silwer)
HENK BEZUIDENHOUT (s.14): 50m vlinderslag – 40.12 (silwer)
LOMAR BOTHA (s.16): 50m rugslag – 33.86 (silwer); 100m vryslag (s.16+) – 1:12.96 (silwer); ook 50m vlinderslag – 31.07 (brons)
THEUNIS HATTINGH (s.16): 50m rugslag – 38.49 (brons)
RUBEN TERBLANCHé (s.17): 50m rugslag – 34.33 (brons); 50m vlinderslag – 30.97 (brons)
HANNO VAN RENSBURG (s.19): 50m rugslag – 35.32 (brons); 50m vlinderslag – 35.72 (brons)
Hoërskool Nelspruit se oorheersing in die swembad, word verder duidelik deur die uitslae van die aflositems weerspieël. Van al die aflosse, het NHS net in die 200m vryslag-aflos vir seuns 16 (derde in 2:02.50) en vir meisies 15 (tweede in 2:22.67) nie koning gekraai nie! Verder was dit skoonskip:
Gemengde wisselslag aflos:
14-jariges – 2:16.95 (rekord)
15-jariges – 2:17.04
16-jariges – 2:13.34
17- jariges – 2;07.13
18/19 jariges – 2:11.63
Seuns, 200m vryslag-aflos:
s.14 – 2:08.16
s.15 – 1:53.30 (rekord)
s.17 – 1:52.03
s.19 – 1:50.58 (rekord)
Meisies, 200m vryslag-aflos:
m.14 – 2:10.79 (rekord)
m.16 – 2:03.94
m.17 – 2:02.35 (rekord)
m.19 – 2:09.10
Foto’s: Hennie Homann