NHS se swemspan as 2019 se Top Skole-kampioen gekroon

NHS se swemspan as 2019 se Top Skole-kampioen gekroon

Op Vrydag 25 Oktober is die groot gala om die Laeveld se kampioenskool in die swembad te bepaal, met groot entoesiasme by Van Riebeeckpark se swembad aangebied. Nellies se meisies het deurgaans ‘n opdraande stryd teen veral Curro Nelspruit gevoer, maar die seuns het met een skitter-vertoning na die ander, gewys dat hulle tans, nie hul gelyke in die Laeveld het nie.

Uiteindelik verower NHS al drie spantrofees, nl. beste seunspan, beste meisiespan, en groottotaal-wenners. Nog twee individuele trofees het die kroon op ‘n puik gala gespan: Jetro Piso is as 2019 se Victor Ludorum aangewys, terwyl Dylan Faust Boshoff vir die beste prestasie van die dag, vereer is. Hy wen die 50m borsslag vir seuns 16, in ‘n nuwe rekord van 31.70sek. Jetro was ook vir twee rekords verantwoordelik, nl. 200 m individuele wisselslag (2:16.64, seuns 17-19) en ook 50m vryslag (25.04sek.).  Magdaleen Terblanché se 32.64sek. vir die 50m rugslag (m.15) is eweneens ‘n splinternuwe rekord. Nellies se span vir die 200m vryslag aflos (gemeng) het met ‘n pragtyd van 1:59.36 ook die vorige beste tyd oortref. Hulle reken af met Curro (2:05.08) en Uplands College (2:06.12).
Die finale puntestand was soos volg:
1. Hoërskool Nelspruit 1698
2. Curro Nelspruit 1149.5
3. Uplands College 927
4. Penryn College 330.5
5. Rob Ferreira 288
6. Komatipoort Akademie  171   
Ander spanne wat in aksie was:
1.  Thanduxolo Special School 433
2.  Estralita 386
3.  Independent 384

NHS se swemmers wat podiumplekke (eerste drie) in individuele items losgeswem het:

SEUNS  (goud)
1. Janco Rademeyer (s.14): 200m indiv.wisselslag – 2:35.27; ook 50m vryslag – 28.89sek.
2. Lomar Botha (s.15): 200m indiv.wisselslag – 2:45.40; ook 50m rugslag – 33.59sek.
3. Marshall van Eyssen (s.16): 200m indiv.wisselslag – 2:28.30
4. Jetro Piso (s.17-19): 200m indiv.wisselslag – 2:16.64; ook 50m vryslag – 25.04sek.; ook 50m vlinderslag – 27.14sek.
5. Gerard Venter (s.16): 50m vryslag – 26.22sek.; ook 50m rugslag – 30.68sek.; en 50m vlinderslag – 28.28sek.
6. Terblanché de Kock (s.15): 50m borsslag – 38.91sek.
7. Dylan F.Boshoff (s.16): 50m borsslag – 31.70sek.
8. Dian de Klerk (s.14): 50m rugslag – 33.48sek.
9. Rossouw Janson (s.14): 50m vlinderslag – 30.80sek.
MEISIES (goud)
1. Magdaleen Terblanché (m.15): 50m rugslag – 32.64sek.
2. Nicci Viljoen (m.16): 50m rugslag – 35.01sek.
SEUNS (silwer)
1. Dian de Klerk (s.14): 200m indiv.wisselslag – 2:36.11; ook 50m vryslag – 29.04sek.
2. Theuns Hattingh (s.15): 200m indiv.wisselslag – 2:48.00
3. Gerard Venter (s.16): 200m indiv.wisselslag – 2:32.28
4. Robbie Drummond (s.17-19): 50m vryslag – 25.56sek.
5. Janco Rademeyer (s.14): 50m borsslag – 39.19sek.; ook 50m rugslag – 34.52sek.
6. Marshall van Eyssen (s.16): 50m borsslag – 34.76sek.; ook 50m rugslag – 30.69sek.; en 50m vlinderslag – 28.67sek.
7. Jetro Piso (s.17-19): 50m borsslag – 31.84sek.; ook 50m rugslag – 29.41sek.
8. Lomar Botha (s.15): 50m vlinderslag – 31.23sek.
MEISIES (silwer)
1. Magdaleen Terblanché (m.15): 200m indiv.wisselslag – 2:42.74; ook 50m vryslag – 28.96sek.; en 50m borsslag – 39.14sek.
2. Nicci Viljoen (m.16): 200m indiv.wisselslag – 2:53.77; ook 50m vryslag – 29.66sek.; en 50m vlinderslag – 33.24sek.
3. Carla Mouton (m.17-19): 200m indiv.wisselslag – 2:42.22; ook 50m borsslag – 38.21sek.; en 50m vlinderslag – 32.22sek.
4. Izanie vd Merwe (m.16): 50m borsslag – 36.77sek.
5. Laura vd Merwe (m.15): 50m vlinderslag – 33.96sek.
SEUNS (brons)
1. Rossouw Jansen (s.14): 200m indiv.wisselslag – 2:45.46
2. Terblanché de Kock (s.14): 50m vryslag – 29.07sek.
3. Marshall van Eyssen (s.16): 50m vryslag – 26.76sek.
4. Dian de Klerk (s.14): 50m borsslag – 39.67sek.; ook 50m vlinderslag – 31.96sek.
5. Gerard Venter (s.16): 50m borsslag – 37.11sek.
6. Robbie Drummond (s.17-19): 50m borsslag – 35.12sek.; ook 50m rugslag – 33.09sek.; en 50m vlinderslag – 28.62sek.
7. Dylan F. Boshoff (s.16): 50m rugslag – 30.91sek.; ook 50m vlinderslag – 29.17sek.
MEISIES (brons)
1. Micca Steyn (m.15): 200m indiv.wisselslag – 2:52.88
2. Anri Spruyt (m.14): 50m vryslag – 31.18sek.
3. Danje Obermeyer (m.15): 50m vryslag – 30.57sek.
4. Naomi vd Nest (m.16): 50m vryslag – 30.05sek.; ook 50m vlinderslag – 33.49sek.
5. Milla Nel (m.17-19): 50m vryslag – 31.14sek.; ook 50m rugslag – 36.97sek.; en 50m vlinderslag 35.00sek.
6. Mia Viljoen (m.16): 50m borsslag – 40.17sek.
7. Laura vd Merwe (m.15): 50m rugslag – 35.09sek.
8. Magdaleen Terblanché (m.15): 50m vlinderslag – 33.99sek.
Daar moet gewis ook spesiale vermelding van die afdeling vir seuns 16 gemaak word. NHS se gedugte driemanskap, Dylan Boshoff, Gerard Venter en Marshall van Eyssen, het amper-amper skoonskip gemaak, deur in al die 50m-items die eerste drie plekke in te neem – behalwe in die vryslag, waar Komatipoort Akademie se Corbin Visagie, tweede was.

Baie geluk, en ook baie dankie, aan almal wat hard gewerk het om hierdie groot interskole gala, weer eens ‘n hoogtepunt op die sportkalender te maak!