NHS se swemspan wen Interhoër-gala 2024

NHS se swemspan wen Interhoër-gala 2024

NHS se swemspan het hierdie jaar se Laeveld Interhoër-gala met ‘n groot totaal van 1147 punte gewen. Neil Burger het die beste prestasie vir senior seuns vir die dag behaal met ‘n nuwe rekord in die 50m vlinderslag. Hy is ook aangewys as die senior seuns Victor Ludorum met 4 goue medaljes en ‘n brons medalje, sowel as twee nuwe Interhoër rekords (50m vlinderslag en 100m vryslag).

Rossouw van Wyk het die toekenning vir junior Victor Ludorum ontvang met drie goue medaljes en een silwer. Die swemmers het 48 eerste plekke, 27 tweede plekke en 15 derde plekke behaal. NHS se spankapteine, Lucy Friedenthal en Christo Ferreira, het na afloop van die gala die trofee vir die algehele wenspan van die dag omhoog gehou.

Hier is ‘n oorsig van die prestasies:
Dogters
Donne Bruyns: 2 Goue
Anja Buitendach: 3 Goue, 2 Silwer
Melindi van Rensburg: 1 Goue, 1 Silwer
Karmen van Rensburg: 1 Goue, 2 Silwer, 1 Brons
Lucy Friedenthal: 2 Goue, 1 Brons
Minette Swartz: 3 Goue, 1 Brons
Ciska Ferreira: 1 Goue, 2 Silwer
Esmari Weitsz: 1 Silwer, 1 Brons
Amoré Oosthuizen: 2 Silwer
Menincke Genis: 1 Silwer
Zoey du Toit: 1 Silwer
Janca Hattingh: 1 Silwer
Monize Wingard: 1 Silwer
Lara Janse van Rensburg: 1 Brons
Amina Putter: 1 Brons
Mia de Klerk: 1 Brons
Milnie du Toit: 1 Brons
Hayley Steyn: 2 Brons

Seuns
Henning Radley: 3 Goue
JT Venter: 3 Goue
Christo Ferreira: 2 Goue, 1 Silwer
Eben Obermeyer: 2 Goue
Dylan Stoltz: 2 Goue, 1 Silwer
Xander Grobler: 1 Goue, 1 Silwer
Samuel Tryhou: 1 Goue, 1 Silwer
Reghardt Small: 1 Goue, 1 Silwer
Ethan Esterhuizen: 2 Silwer
Jean-Arno Cilliers: 2 Silwer
Eben Terblanche: 2 Silwer
Aidan Esterhuizen: 1 Silwer, 1 Brons
Dian Venter: 1 Silwer
Henrique Poulton: 1 Brons
Daniel de Kock: 1 Brons
Werner Weidemann: 1 Brons