28 Jan NHS se tuisbyeenkoms sorg vir kookwater-atletiek!
Die jaarlikse tuisbyeenkoms wat Saterdag 25 Januarie deur Hoërskool Nelspruit aangebied is, sal vir seker nog lank in die waarderende toeskouers se geheue voortleef. Die skitterende prestasies wat deur die tuisspan, asook atlete van Afrikaans Hoër Seuns en Meisies van Pretoria, Rob Ferreira, Ben Vorster (Tzaneen) en Lowveld High opgedis is, kan sekerlik met van die bestes by enige skole-byeenkoms in die land, vergelyk word. Om net een voorbeeld te noem: in die 200m vir seuns 16, het nie minder nie as ELF atlete, meer as 800 punte op die ABSA-tabel verdien!
Die Laeveld was bevoorreg om talle SA-atlete van Gauteng-Noord, Limpopo en Mpumalanga in aksie te sien. Vertonings soos dié van Lowveld High se SA-kampioene in ver- en driesprong (Nolwazi Mashaba, 5,72m en 12,02m), Affies se Eckardt Potgieter (100m in 10.65), Meisies Hoër se Joane Gerber (5,71m in verspring) en Rob Ferreira se Junior Mondlane (7,20m, ook verspring) word selde by ‘n vriendskaplike skole-byeenkoms gesien!
Maar, vir die tuisskare was dit die Nellies wie se blink vertonings, telkens groot toejuiging ontlok het. Rhodé Nel (m.17) het kleingeld van haar eie Nellie-rekord in die 200m gemaak, toe sy die item in 25.28 sekondes afgeblits het. Shanese de Clerck (m.15) het ‘n (vir haar) beskeie dag in hoogspring beleef, maar met ‘n blinknuwe rekord van 5,40m in verspring, Elané van Dijk se 2007-poging van 5,31m oortref. Ashley Erasmus se puik 15,37m in gewigstoot (m.15) het ook haar eie, vorige rekord van 15,03m uit die statistieke verwyder.
Onder die seuns, het die nasionale 2019-kampioen vir s.17, Zander vd Merwe, die 800g-spies vir seuns 19 (dieselfde spies word deur senior mans gebruik) op ‘n uitstekende 65,08m laat grondvat. Dit was egter eerder kragman Douw Kruger, beter bekend as ‘n gewigstoot-atleet, wat die oë laat rek het toe hy met ‘n blink 61,12m losgetrek het. Marco Capazorio (s.16) se goue tweekuns in die hekkies (110m – 14.69; 400m – 57.75) het gewis ook die oog gevang. Nog ‘n atleet uit NHS se gedugte ‘worpe-stal’, Frederik Nel (s.17), het nuwe terrein betree toe hy ‘n stewige 16,09m in gewigstoot behaal het.
Om in sulke uitgelese geselskap onder die eerste drie in jou item te eindig, wil gedoen wees! Baie geluk aan die volgende Nellies wat hierdie prestasie kon vermag (ABSA-punte bo 800 aangedui):
SEUNS
Goud (eersteplek)
Nathan Duncan (s.14): 800m – 2:14.19; ook 1500m – 4:41.62
Kian Mouton (s.15): 1500m – 4:34.56
Marco Capazorio (s.16): 110m hekkies – 14.69 (914); ook 400m hekkies – 57.75
Charles Nel (s.15): 300m hekkies – 41.18 (814)
Nico Liversage (s.19): 400m hekkies – 56.93
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,70m (864)
Douw Kruger (s.19): skyfwerp – 48,64m
Zander vd Merwe (s.19): spiesgooi – 65,08m (922)
Silwer (tweede)
Charles Nel (s.15): 100m – 11.56 (855)
Zander Capazorio (s.15): 400m – 55.84
Luthando Mabuza (s.17): 800m – 2:07.75
Ruben Vorster (s.15): 100m hekkies – 14.84
Marvin Mthetwa (s.19): 110m hekkies – 15.12; ook 400m hekkies – 57.44
Hanré vd Merwe (s.16): 400m hekkies – 57.94
Douw Kruger (s.19): gewigstoot – 15,61m (806); ook spiesgooi – 61,12m (851)
Karl Erichsen (s.15): spiesgooi – 43,69m
Hannes Botha (s.16): spiesgooi – 55,93m (860)
Brons (derde)
Henko de Nysschen (s.19): 400m – 51.38
Kian Mouton (s.15): 800m – 2:11.41
Alexander Viljoen (s.16): 800m – 2:11.22
Stefan Coetzee (s.14): 1500m – 5:00.40
Martin Raath (s.16): 1500m – 4:53.81
Hanré vd Merwe (s.16): 110m hekkies – 14.80 (894)
Keenan Visser (s.17): 110m hekkies – 15.87
Dawie van Heerden (s.17): 400m hekkies – 60.53
Marvin Mthetwa (s.19): verspring – 6,34m
Andreas Fouché (s.16): gewigstoot – 13,87m
Frederik Nel (s.17): gewigstoot – 16,09m (884)
Philip Vogel (s.16): skyfwerp – 38,22m
Antoni Theron (s.14): spiesgooi – 35,40m
MEISIES
Goud (eersteplek)
Rhodé Nel (m.17): 100m – 12.31 (855); 200m – 25.28 (864); en 100m hekkies – 15.53
Tanya Pieterse (m.14): 400m – 62.15 (820); ook 300m hekkies – 49.16
Melisa le Clus (m.19): 400m – 67.59
Mila de Villiers (m.19): 1500m – 5:12.81
Shanese de Clerck (m.15): verspring – 5,40m (980); ook hoogspring – 1,55m (905)
Ashley Erasmus (m.15): gewigstoot – 15,37m (1200); ook skyfwerp – 40,53m (1195)
Amoné de Beer (m.17): spiesgooi – 32,17m
Silwer (tweede)
Shanese de Clerck (m.15): 100m – 13.34
Larise Combrink (m.16): 100m – 13.28; ook 200m – 27.25
Tanya Pieterse (m.14): 200m – 28.34; ook 90m hekkies – 15.22
Danielle Groenewald (m.15): 200m – 27.91; ook 90m hekkies – 14.97; en 300m hekkies – 49.03
Tayla Kotzee (m.19): 200m – 27.75; ook 100m hekkies – 17.41
Anri Spruyt (m.15): 400m – 64.50
Leonine Gildenhuys (m.19): 3000m – 12:32.85
Mieke Louw (m.16): 100m hekkies – 16.62
Nicci Viljoen (m.17): 100m hekkies – 15.97; ook 400m hekkies – 69.56
Anja Venter (m.15): skyfwerp – 31,36m (825)
Shana Scott (m.17): skyfwerp – 34,56m; ook spiesgooi – 32,16m
Lize Oosthuizen (m.15): spiesgooi – 32,37m
Sylvia Barnard (m.16): spiesgooi – 31,20m
Brons (derde)
Arili Boshoff (m.15): 100m – 13.50; ook 400m – 65.78
Suzaan Nel (m.19): 100m – 13.10; ook 200m – 28.28
Anri Spruyt (m.15): 200m – 28.25
Mieke Louw (m.16): 200m – 28.03; ook 400m hekkies – 75.84
Nicci Viljoen (m.17): 400m – 61.47
Johke Liversage (m.19): 400m – 69.88
Mila de Villiers (m.19): 800m – 2:31.59
Jodi dos Santos (m.14): 1500m – 5:34.22
Kirsten Berry (m.15): 1500m – 5:16.66
Karla Mouton (m.19): 3000m – tyd nie aangetoon
Tayla Kotzee (m.19): 400m hekkies – 74.56
Chanel Olivier (m.19): hoogpring – 1,40m
Zané du Toit (m.14): verspring – 4,48m
Anja Venter (m.15): gewigstoot – 12,10m (879)
Danika Meiring (m.19): gewigstoot – 9,02m; ook skyfwerp – 25,17m
Nog ‘n handvol Nellies, het meer as 800 ABSA-punte verdien, al kon hulle nie onder die top 3 in hul item, eindig nie. Hulle is:
Hanré vd Merwe (s.16): 200m – 23.43 (870)
Wikus van Biljon (s.16): 200m – 23.62 (849) Wikus het ook ‘n pragtige 52.96 in die 400m gehaal.
André Potgieter (s.16): 200m – 23.78 (831)
Drikus Greeff (s.16): 200m – 23.97 (811)
Marco Matthee (s.14): verspring – 5,01m (804)
Tertius Breytenbach (s.15): verspring – 5,70m (809)
Belene Delport (m.14): hoogspring – 1,40m (806)
Shana Scott (m.17): gewigstoot – 11,88m (801)
Nou verskuif die fokus na Saterdag 1 Februarie, wanneer NHS aan die finaal van die Twizza Super Schools (landswye kompetisie) in Pretoria gaan deelneem. Hierdie prestige-byeenkoms behels slegs ‘n uitsoek-groep atlete. Volgende Maandag (3 Februarie) is dit weer tyd vir die Nelspruit-kring se byeenkoms, wat tuis aangebied sal word.