11 Jul NHS sien uit na Mozzie-krieketweek
Die 11de Mozzie-krieketweek vind vanaf 12 tot 16 Julie in die mooie Laeveld plaas. Hoërskool Nelspruit is die gasheer en maak gebruik van Skukuza, Uplands, White River Country Club en NHS se krieketvelde.
Ons verwelkom hierdie jaar die eerstespanne van Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Centurion, Midstream College, Jeppe Boys High, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Transvalia en Oman. Die twee plaaslike spanne wat deelneem is Uplands College en NHS.
Die week skop af met die super-over kompetsie wat by Hoërskool Nelspruit se krieketveld plaasvind. Spanne sal dan verskillende formate speel soos tyd-krieket, 50-beurt en T20-wedstryde.
Ondersteuners word hartlik uitgenooi om die beste skolekrieket in Suid-Afrika in aksie te sien. Hier is die program vir die week:
Woensdag 12 Julie om 14:00
Tokkie Fourie Super-over kompetisie by Hoërskool Nelspruit
13 Julie (Tyd-krieket) Wedstryde begin om 09:00
NHS vs Oman (NHS)
Uplands vs Jeppe (Uplands A-veld)
Transvalia vs Centurion (Uplands Prep)
Potch Gim vs Eldo (WRCC)
Midstream vs Volkies (Skukuza)
14 Julie (50-beurte) Wedstryde begin om 09:00
NHS vs Midstream (NHS)
Uplands vs Potch Gim (Uplands A-veld)
Oman vs Centurion (Uplands Prep)
Transvalia vs Volkies (WRCC)
Jeppe vs Eldo (Skukuza)
15 Julie (50-beurte) Wedstryde begin om 09:00
NHS vs Jeppe (NHS)
Uplands vs Eldo (Uplands A)
Volkies vs Oman (Uplands Prep)
Transvalia vs Midstream (WRCC)
Centurion vs Gim (Skukuza)
16 Julie (T-20) Wedstryde begin om 09:00
NHS vs Potch Gim (NHS)
Uplands vs Midstream (Uplands A)
Eldo vs Volkies (Uplands Prep)
Jeppe vs Centurion (WRCC)
Oman vs Transvalia (Skukuza)