NHS sluit wintersport se tuisbyeenkomste op hoë noot af

NHS sluit wintersport se tuisbyeenkomste op hoë noot af

Hoërskool Nelspruit se rugby- en dogtershokkiespanne het Donderdag 9 Junie teen Hoërskool Middelburg te staan gekom. Dit was die laaste ligawedstryde wat hierdie spanne tuis gespeel het. Na die skoolvakansie sal daar nog teen Rustenburg, Ben Vorster en Transvalia kragte gemeet word.
Die toeskouers was bevoorreg om baie goeie rugby vanaf o/14 tot op eerstespanvlak te sien. Al die NHS-rugbyspanne het gewen buiten die o/15A’s wat met ‘n gelykop telling geëindig het. Die derdespan oftewel die Wolwe soos hulle bekendstaan en die o/14B-span het geen punte teen hulle laat aanteken nie. Die eerstespan het geweet dat daar ‘n harde wedstryd voorlê en dat die uiteindelike wenner die span sal wees wat die minste foute begaan.
NHS het met goeie verdediging die opponente onder baie druk geplaas wat op hulle beurt net meer foute gemaak het en uitendelik net nie meer punte op die telbord kon plaas nie.

Hier is die rugby-uitslae:
14A wen 33-12
14B wen 50-0
15A gelykop 10-10
15B wen 27-5
16A wen 17-7
16B wen 22-10
3des wen 70-0
2des wen 46-5
1stes wen 28-5

Me. Misty Reingruber (NHS-Hokkiespesialis) sê dat die eerste dogtershokkiespan vanuit die staanspoor ʼn aanvallende wedstryd gespeel het. Die Black Sticks het in die eerste helfte reeds die twee doele aangeteken en het tot aan die einde van die wedstryd nie die opponente enige kans gegee om ‘n doel aan te teken nie.
Hier is die hokkie-uitslae:
14A verloor 1-2
15A wen 1-0
16A verloor 0-1
2des wen 2-1
1stes wen 2-0

Foto’: Hennie Homann