06 Sep NHS sprint na sukses
NHS het Dinsdagaand ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir ons atletiekspan by Zest Restaurant aangebied. Die aand het bestaan uit ‘n heerlike wynproe-ervaring, waar Jakkalsvlei-wyne perfek saam met GT Lundie se smaaklike spyskaart gepaard gegaan het.
Ons was bevoorreg om die eienaar van Jakkalsvlei, Jantjie Jonker en sy vrou, Klara, by ons funksie te verwelkom. Jantjie het ons gaste meer vertel oor die besonderse wyne wat die gaste deur die loop van die aand geniet het. Verder was daar ook ‘n veiling wat baie entoesiasme onder die gaste veroorsaak het.
Die organiseerders is baie tevrede met die fondse wat ingesamel is, en ons wil ons opregte dank uitspreek teenoor die borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het, asook diegene wat pryse vir die veiling geskenk het.
Met groot opwinding kan ons aankondig dat ons reeds op pad is na nóg ‘n bestemming volgende jaar. Maak seker jy mis nie hierdie unieke geleentheid nie – ons sal beslis weer ‘n besondere ervaring aanbied.
Borge:
Safari Outdoor
Jonkmanspruit
Stabilis
MRA Financial Brokers
Bosbokgas
Du Toit-Smuts
Elk Kitchens
House of Class
Basson Familie Tandarts
Pryse:
Africa on Foot
Nthambo
Rooikat Liquors
Zest Restaurant
Lowveld Living
Jakkalsvlei
Nkomazi Private Game Reserve
Belle Grace Photography
Mills & Groenewald
SOUDT
Muratie