
13 Oct NHS-Tennisspelers terug in aksie
Die grendeltyd het veral vir sportliefhebbers vele uitdagings gestel. Mnr. Petrus Koekemoer (GreatBase Tennis SA) sê dat dit ‘n baie moeilike tyd vir hom as afrigter was. Hy het op sosiale media met sy spelers kontak gehou en hulle het kreatiewe maniere gevind om aktief te bly.
Dit was ‘n blye dag toe Tennis SA die groenlig gee en mnr. Koekemoer weer sy akademie kon open. NHS se tennisspelers het by hul onderskeie tennis-akademies aangesluit en dadelik weer begin speel.
Die Nellies het aan die volgende toernooie deelgeneem en hier is van die uitslae:
Laeveld Geslote Toernooi (28 & 29 Augustus):
Geneill Alberts seuns 0/19: Wenner
Michiel Eksteen seuns 0/19: Agtste
Arili Boshoff dogters 0/19: Wenner
Lize Oosthuizen dogters 0/19: Tweede
Tammy Fourie dogters 0/19: Vierde
Danielle Lombard dogters 0/15: Wenner
Kristen Lombard dogters 0/15: Tweede
Schalk Grobbelaar seuns 0/15: Vierde
Anthoni Theron seuns 0/15: Vyfde
Richard Dickson seuns 0/15: Negende
KPM-Tennistoernooi te Middelburg (26 September)
Arili Boshoff vroue-afdeling: Wenner
Geniel Alberts: Vyfde
TSA MP Lowveld Spring Tournament (10 Oktober)
Mans Enkels:
Du Toit Wessels speel vir derde / vierde plek (uitgereën)
Geniel Alberts speel vir vyfde / sesde plek (uitgereën)
Dames Enkels:
Arili Boshoff: Eerste (Foto: Laeveld Tennis Vereniging)
Danielle Lombard speel vir vyfde / sesde plek (uitgereën)
Kristen Lombard: Sewende
Seuns o/16
Michiel Eksteen: Negende
Seuns o/14
Richard Dickson speel vir derde / vierde plek (uitgereën)
Schalk Grobbelaar speel vir vyfde / sesde plek (uitgereën)
Arili Boshoff is uitgenooi om einde Oktober in Bloemfontein aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem! Sterkte Arili! Swaai jou raket soos ‘n ware palmtakdraer kan!