NHS tot die redding – op skouspelagtige wyse!

NHS tot die redding – op skouspelagtige wyse!

Die prestigeryke ‘Puma School of Speed’-atletiekreeks vir hoërskole, is ‘n landswye kompetisie wat vroeër vanjaar reeds in die Wes-Kaap (Paarl), Noordwes (Potchefstroom) en Gauteng (Ruimsig) aan daardie provinsies se atlete die unieke geleentheid gebied het om aan uiters strawwe mededinging blootgestel te word – en om ook op van die beste tartanbane deel te neem.

Die opwindende vooruitsig om Puma ook in Mpumalanga, hier in die hoofstad te kon verwelkom, was ‘n wortel voor die neus van tientalle van die provinsie se beste atlete. Die groot geleentheid was geskeduleer om op die splinternuwe baan van die Mpumalanga Universiteit plaas te vind, maar probleme ter elfder ure, het die byeenkoms in die weegskaal geplaas. Hoërskool Nelspruit se atletiek-indoenas, breër personeel, leerlinge en ouers, verdien werklik ‘n klop op die skouer! Nie alleen het hulle die droom lewendig gehou deur die groot okkasie (op baie kort kennisgewing) tuis aan te bied nie – dit was waarlik ‘n atletiekfees soos min, en ‘n prestasie waarop die hele NHS-familie baie trots kan wees!

Benewens Nellies se atlete, was van die bestes uit Ermelo (HTS Ligbron), Kanonkop (Middelburg), Volksrust, Rob Ferreira, Lydenburg, Lowveld High, Barberton en dan ‘n Puma-uitnodigingspan, in aksie. Daar is in die ouderdomsgroepe soos by die SA’s (15, 17 en 19) deelgeneem. Met sulke gedugte opposisie, moes die Nellies werlik ‘uithaal en wys’ – wat hulle dan ook met onderskeiding gedoen het! Al het ‘n paar sterre ‘n welverdiende ruskansie geniet, het die res van die span met ooglekker atletiek vorendag gekom.

Baie geluk aan die groot groep NHS-atlete wat in medaljes-posisies geëindig het! Daardie spesiale Puma-medaljes, sal nog vir baie jare se goeie herinneringe sorg. Podiumplek word tussen hakies aangedui.

Seuns 15:
Karl Erichsen: spiesgooi – 44,37m (1); skyfwerp – 35,37m (2); en hoogspring – 1,55m (3)
Kian Mouton: 1500m – 4:26.58 (1)
Ruan Pretorius: hoogspring – 1,70m (1)
Charles Nel: 100m hekkies – 14.20 (1)
Nathan Duncan: 1500m – 4:33.56 (2)
Callum van Staden: 100m hekkies – 15.10 (2) *spesiale item vir s.14 (Ruan de Beer was derde, met 15.65)
Ruben Vorster:  100m hekkies – 14.67 (2)

Seuns 17:
Handré vd Merwe: 400m hekkies – 56.79 (1); ook 110m hekkies – 16.20 (3)
Marco Capazorio: 110m hekkies – 15.50 (1); ook 400m hekkies – 57.79 (2)
Hannes Botha: spiesgooi – 56,81m (2)
Frederik Nel: gewigstoot – 15,09m (2)
Alexandré Viljoen: 400m – 54.60 (2)
Bernick Bezuidenhout: hoogspring – 1,75m (3)
Werner Geldenhuys: gewigstoot – 14,70m (3)

Seuns 19:
Douw Kruger: gewigstoot – 17,47m (1); ook skyfwerp – 49,31m (1); en spiesgooi – 57,54m (1)
Coben Putter: gewigstoot – 13,48m (2); ook skyfwerp – 38,62m (2)
Henko de Nysschen: 400m – 51.53 (2)  * in uitdun: 51.13
Nico Els: spiesgooi – 42,03m (3)
Zander vd Merwe: 200m – 23.30 (3)

Meisies 15:
Tanya Pieterse: 400m – 62.40 (1); ook 300m hekkies – 48.43 (1)
Ashley Erasmus: gewigstoot – 15,48m (1); ook skyfwerp – 42,76m (1)
Therese Seyffert: 800m – 2:37.60 (2); ook 1500m – 5:25.90 (2)
Anya Venter: gewigstoot – 12,22m (2); skyfwerp – 33,06m (2)
Chanel Hope: hoogspring – 1,35m (2); ook 1500m – 5:34.63 (3)
Arili Boshoff: 100m – 13.30 (2); ook 400m – 65.90 (2)
Marné vd Merwe: 90m hekkies – 17.08 (3)
Zané du Toit: verspring – 4,45m (3)
Belene Delport: hoogspring – 1,30m (3)
Dané Nortjé: 800m – 2:40.20 (3)

Meisies 17:
Shana Scott: gewigstoot – 12,35m (1); ook skyfwerp – 34,08m (1)
Nicci Viljoen: 100m hekkies – 15.50 (1); ook 400m hekkies – 66.53 (2)
Larise Combrink: 100m – 13.10 (1)
Mieke Louw: 100m hekkies – 16.15 (2); ook 400m hekkies – 72.47 (3)
Berna Kok: 1500m – 5:17.67 (2)
Jolanke van Zyl: spiesgooi – 34,14m (2)
Karien Goosen: verspring – 4,94m (2)
Zané Potgieter: 200m – 27.40 (2); ook 100m – 13.40 (2)
Jana Engelbrecht: 100m – 13.38 (2); ook 200m – 27.40 (3)
La-Alizia Venter: gewigstoot – 11,40m (3)
Nicolize Aucamp: 400m – 65.10 (3)

Meisies 19:
Danika Meiring: gewigstoot – 9,45m (1); ook skyfwerp – 26,61m (1)
Mila de Villiers: 800m – 2:32.00 (1); ook 1500m – 5:24.50 (2)
Kyla Labuschagné: 400m hekkies – 69.90 (2); ook 200m – 26.80 (2); 100m- 13.2 (3)
Lisa Kruger: verspring – 4,76m (2)
Suzaan Nel: 100m – 13.10 (2)  *12.90 in uitdun
Tayla Kotzee: 400m hekkies – 70.28 (3)
Ruané le Rouz: gewigstoot – 7,94m (3); ook spiesgooi – 23,76m (3)
Luka Swanepoel: verspring – 4,38m (3)
Leonine Gildenhuys: 1500m – 5:34.27 (3)
Melisa le Clus: 800m – 2:34.80 (3)